Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor die

SSVO BADGE afr.pngDie Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) is 'n dinamiese en studentgerigte sielkundige ontwikkelings- en steundiens vir geregistreerde studente.  Noukeurig gekose spesialiste soos sielkundiges, 'n psigiater, 'n maatskaplike werker en 'n leesspesialis is betrokke om aan die uiteenlopende behoeftes van die universiteitsgemeenskap te voorsien. 

Van die dienste sluit in:

  • Werksessies oor die ontwikkeling en optimalisering van lewensvaardighede soos studievaardighede en stresbestuur 

  • Akademiese/loopbaanvoorligting vir studente wat onseker is oor hul keuse van graadprogram/modules

  • Voorbereiding van studente vir toekomstige loopbaankeuses, werksoek- en werkaansoekprosesse

  • Individuele, professionele en vertroulike bystand of psigoterapie ten opsigte van depressie, hoë spanningsvlakke, middelmisbruik, verhoudings -en gesinsprobleme ens.

  • Steun aan studente met spesiale leerbehoeftes (gestremdhede) 

Alle fasiliteerders is by hul onderskeie beroepsrade as professionele praktisyns geregistreer, en streng vertroulikheid word gewaarborg.  Alle steunsessies aan geregistreerde studente is gewoonlik gratis om vertroulikheid te help verseker.