Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Mentor-Tutor-Leierskapsontwikkeling

Mentors is senior-studente wat in koshuise en PSO's aangestel word om nuwelingstudente by die universiteitslewe te help aanpas.  Elke nuwe student kan toegang tot ʼn mentor verkry. Die mentor speel reeds tydens die verwelkomingsperiode ʼn belangrike rol met algemene hulpverlening rondom universiteitslewe-navrae en psigososiale ondersteuning.  ​Jy het ook hierdeur die geleentheid om by die Welweesprogram van die Universiteit in te skakel. Hierdie program het ten doel om jou welwees dwarsdeur die jaar te bevorder.

Wanneer jy by jou koshuis of PSO aankom, sal ʼn mentor aan jou toegedeel word. Indien jy egter nie ʼn mentor ontvang nie, of enige navrae het, bel gerus Kliёntediens by 0218089111 of epos info@sun.ac.za