Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

PSS FAQ

​​

Vrae Gereeld Gevra

    • V:     Sal my dosente/ouers weet wat ek hier deel?

             A:     Nee. Die diens is vertroulik en privaat.

     

    • V:     Watter koste is betrokke?

      A:     Die diens is gratis, behalwe die psigiaters wat inkom en ingekontrakteerde fooie vra, asook sekere werkwinkels waarvoor ons 'n nominale fooi vra.

       
    • V:     Kan julle vir my medisyne voorskryf?

      A:     Nee, ons kan nie medisyne voorskryf nie. Ons kan jou egter verwys na 'n algemene mediese praktisyn of psigiater wat 'n evaluasie sal doen en medisyne voorskryf gebaseer op die evaluasie. Medikasie word nie gratis verskaf nie. Indien nodig, sal ons 'n student na die plaaslike hospitaal of 'n kliniek verwys.

       
    • V:     As julle 'n gratis diens is, beteken dit dat julle nie professioneel is nie?

      A:     Ons diens is heeltemal professioneel, en die personeel is geregistreerde sielkundiges en maatskaplike werkers wat aanspreeklik is in terme van ons professionele rade.

       
    • V1:   Kan ek 'n brief kry?

      A1:   Dit is standaard praktyk om nie briewe aan studente te voorsien nie. Briewe van enige aard sal slegs in uitsonderlike omstandighede aan studente voorsien word, en altyd volgens die terapeut/maatskaplike werker se diskresie.

       

                         Indien die terapeut tydens die verloop van die BEHANDELINGSPROSES die mening vorm dat die student se sielkundige probleme waarskynlik sy/haar akademiese prestasie sal beïnvloed, mag die terapeut besluit om die student te voorsien van 'n brief wat die opinie stel. Indien 'n student slegs vir een of twee terapiesessies gesien is, is dit baie onwaarskynlik dat die terapeut voldoende inligting sal hê om 'n deeglike, professionele en eerlike opinie te vorm. Jy mag 'n nota versoek wat die datums meld waarop jy terapiesessies bygewoon het.

       

                         (As 'n reël skryf ons briewe slegs wanneer ons reeds studente ken of wanneer studente alreeds van ons dienste gebruik maak.)

       
    • V2:   My dokter/psigiater het my gestuur vir kognitiewe gedragsterapie.

      A2:   Ons voorsien kognitiewe gedragsterapie as een van die modaliteite, maar dit hang af van die terapeut se opleiding en assessering van die kliënt se behoefte/profiel – daarom is dit slegs een van die maniere waarop ons werk en nie altyd aangedui vir alle kliënte en probleme nie.

       
    • V3:   Moet ek 'n afspraak maak?

      A3:   Ja. Ons werk volgens afsprake. 'n Afspraak kan by ons ontvangs by Victoriastraat 49 gemaak word.

       
    • V4:   Het julle 'n elektroniese diens? Byvoorbeeld, kan ek terapie deur middel van e-pos of Skype ontvang?

      A4:   Nee. ons doen aangesig-tot-aangesig individuele- en groepsterapie by ons kantore en gebruik e-pos slegs vir kommunikasie indien aangedui.

       
    • V5:   Wat is julle kantoorure?
    • A5:   Ons is oop tussen 08:00 en 16:30 en gesluit tydens middagete (12:45 tot 13:45). Ons het egter 'n 24-uur Krisisdiens wat studente wat emosionele/sielkundige krisisse ervaar 24 uur per dag, 7 dae van die week, help. Die Krisisdiens is slegs tussen 15 Desember en 15 Januarie gesluit.
    •  
    • V6:   Kan julle my gesinslid/familie/vrou/vriend sien?

      A6:   Ons sien slegs geregistreerde studente en sal ouers/"maats" van buite die universiteit slegs in uitsonderlike gevalle saam met die student sien as dit in die belang van die student se terapeutiese proses blyk te wees.
       
    • V7:   Kan ek onmiddellik gesien word?
    • A7:   Ons werk volgens afsprake. Elke middag het ons sessies wat ons oop hou vir studente wat krisisse ervaar, maar dit is vir studente in 'n noodsituasie. Ons het kort "siftingbesprekings" waartydens die student se behoefte en die dringendheid daarvan geassesseer word, en studente word dan vir die volgende beskikbare afspraak geskeduleer.