​​​VIR WERKGEWERS

As jy ʼn werkgewer is, kan jy studente van die Universitei​t Stellenbosch (US) deur verskeie geleenthede, aktiwiteite en platforms werf en met hulle skakel. Dit sluit in Universiteitsloopbaanskoue, die voer van werwingsonderhoude en afneem van assesserings op die kampus, of advertensiegeleenthede in ons Graduandi-werwingsprogramboekie.

As besighede belangstel om aan enig​e aktiwiteite of geleenthede deel te neem, kan hulle die Eenheid gerus by 021 808 3568 of careerservices@sun.ac.za kontak. Besighede kan ook op ons loopbaanportaal Gradlinc registreer om poste-advertensies te plaas, met studente te skakel en vir geleenthede te registreer. 

GEREELDE VRAE


Kan julle vir my ʼn lys van al die top studente of ʼn lys van studente in ʼn spesifieke graadprogram of fakulteit stuur?

Volgens wet mag ons nie enige studentekontakbesonderhede beskikbaar maak nie en daarom kan ons geen studente-inligting verskaf nie. Julle is welkom om op Gradlinc te registreer en een van hulle werwings pakkette te kies om julle geleenthede by ons studente uit te kry.​

Ons besigheid het ʼn vakature wat ons dadelik wil vul. Kan ons die advertensie aan julle afgestudeerde studente stuur?

Ons hou nie ʼn databasis van studente wat afgestudeer het nie. Wanneer studente afstudeer, word hul e-posadresse ongeldig en kan hulle nie gekontak word nie. Ons stel voor dat die pos op ons loopbaanportaal, Gradlinc, geadverteer word waar geïnteresseerde afgestudeerde studente dit kan sien.

Ons besigheid het ʼn program vir pas afgestudeerdes ingestel en wil dit graag aan studente wat aan die einde van die jaar graad kry, adverteer. Is dit moontlik?

Ons kan julle program deur middel van e-posreklame aan ingeskrewe studente adverteer. Al wat julle hoef te doen is om ons van inhoud vir ʼn e-pos te voorsien (geen aanhangsels en die e-posinhoud moenie 100 KB oorskry nie), wat ons aan ons studente sal aanstuur. Daar is ʼn bedrag vir hierdie diens betaalbaar. Stuur asseblief julle versoeke aan careerservices@sun.ac.za.

Wat bied julle aan werkgewers?

Ons bied werkgewers kantoorruimte om onderhoude met ons studente te voer of lokale waar geskrewe assesserings afgeneem kan word. Werkgewers kan ook in ons Graduandi-werwingsboekie adverteer en registreer vir toegang tot ons loopbaanportaal, Gradlinc​.​