Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor

dienste en funksies.pngSTS is verbind tot uitnemende, sistemies-holistiese steun en ontwikkeling gebaseer op goed gefundeerde navorsing om as vennote van die akademiese gemeenskap (personeel en studente) op die volgende terreine 'n onontbeerlike rol te speel:


  • sielkundige dienste wat ontwikkelings-, voorligtings- (mbt akademie en loopbaan), voorkomende en terapeutiese dimensies insluit;
  • ondersteuning aan studente met spesiale leerbehoeftes (gestremdhede);
  • ondersteuning aan studente met sosiaal-maatskaplike behoeftes;
  • die koördinering en fasilitering van die Eerstejaarsakademie;
  • die koördinering en fasilitering van portuurgroep akademiese en psigososiale steun en ontwikkeling (mbv onder andere mentor- en tutorprogramme) om veral, maar nie uitsluitlik nie, vir nuweling-eerstejaar- en hoë-risikostudente die heel beste kans op akademiese sukses te bied en ook aan alle ander studente (selfs top-presteerders) geleenthede tot verdere groei en ontwikkeling;
  • die ondersteuning van studente mbt studenteleierskapsontwikkeling, algemene studentewelwees, verwelkoming van nuwelingstudente en optimale inskakeling van eerstegenerasiestudente;
  • die koördinering van alle luister-, leer- en leefaktiwiteite van studente in die ko-kurrikulêre konteks met 'n spesifieke fokus op die integrasie van die PSO-studente by koshuisstudente en ResEd (residensiële opvoeding – ingesluit multikulturele opleidingsgeleenthede wat ook PSO-studente betrek);
  • die ondersteuning van studenteregeringstrukture (inbegrepe Studenteraad, Verenigingsraad, Akademiese Belangeraad, ens), beleidsformulering oor studente-aangeleenthede en medewerking aan die voorsiening van 'n optimale ko-kurrikulêre ervaring aan ons Universiteit;
  • behoefte-gedrewe navorsing wat op die kernfunksies van STS as geheel gefokus is.