Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​AKADEMIESE ONDERSTEUNING


By die Eenheid vir Gestremdhede verskaf ons akademiese ondersteuning aan studente om hulle waar en wanneer hulle dit nodig het, te ondersteun. Ons bied ondersteuning op die volgende maniere:

Spesiale toetse en eksamens

Ons kan spesiale reëlings tref vir studente wat bykomende tyd of ander ondersteuning nodig het om eksamens en toetse af te lê. Die Eenheid werk nou saam met die Eksamenkantoor om spesiale reëlings vir studente met gestremdhede te tref. Besoek ​hierdie webblad​ and kyk onder Toetse en Eksamens on 'n aansoekvorm uit te druk en om meer inligting oor sluitingsdatums te bekom. Stuur alle aansoeke na skryftyd@sun.ac.za.  

Studiemateriaal

As jy gespesialiseerde, geformateerde studiemateriaal benodig, loer in by Lokaal 367 in HUMARGA (in die Letteregebou) waar jy kan gesels oor wat jy nodig het en kan uitvind hoe jy toegang tot die materiaal vir jou spesifieke behoeftes kan verkry. E-pos braille@sun.ac.za vir meer inligting.

Gespesialiseerde steuntegnologie

Gespesialiseerde rekenaars met skermlees-, vergrotings-, en teks-na-spraak-sagteware soos JAWS, Read & Write en ZoomText, braille-bosseleerders en digitale vergroters is beskikbaar. Skakel Petro Newman by 021 808 2128 vir meer inligting. Steuntegnologie is ook beskikbaar by die US Biblioteek en die Teologie- en Muskiekbiblioteke.

Skryfwerk

Het jy raad nodig oor die skryf van opdragte of is jy dalk onseker hoe om aan die skryf te kom? Skakel Vinelene Hartley by 021 808 2161 of kontak Anne-Mari Lackay by skryflab@sun.ac.za of 021 808 2989 vir bystand.

Akademiese tutorskap

As jy akademiese ondersteuning nodig het vir individuele vakke moet jy die betrokke dosente in jou fakulteit kontak.

Biblioteektoegang

As jy bystand nodig het om toegang tot biblioteekhulpbronne en -boeke te verkry, kontak jou fakulteitsbibliotekaris – hulle is gereed om jou te help.