OPLEIDING EN WERKSESSIES
Die Eenheid vir Gestremdhede bied studente en personeel verskeie geleenthede vir opleiding. Dit strek van die aanleer van gebaretaal, deelname aan ʼn geakkrediteerde Gestremdheid Leierskap-kursus, en die fasiliteer van personeelopleiding deur middel van die Siyakhula-opleidingsessies.
Leer gebaretaal
Vir meer inligting oor gebaretaal sessies, kontak michellep@sun.ac.za.
Lei met Gestremdheid
Lei met Gestremdheid is ʼn geakkrediteerde kursus vir studente. Die kursus dek universele toegang, universele ontwerp en billike akkommodasie uit ʼn gestremdheidsoogpunt. Daar vind etensuursessies op die Stellenbosch-kampus plaas tydens die eerste en tweede semester. E-pos disability@sun.ac.za vir meer inligting. Die sessies is gratis.
Opleiding vir personeel
Die Universiteit se Afdeling Menslike Hulpbronne bied Siyakhula-opleidingsessies aan. Die eenheid vir Gestremdhede bied ʼn sessie aan wat fokus op universele toegang, universele ontwerp, billike akkommodasie en besprekings oor gestremdheidsinsluiting op kampus.