Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

ONDERSTEUNINGSDIENSTE 

Die Eenheid vir Gestremdhede fasiliteer toegang tot verskeie dienste aan die US. Hierdie dienste sluit in finansiële ondersteuningsdienste, ondersteuning vir geestesgesondheid en voorligtings- en sielkundige dienste. 

Voorligting- en sielkundige dienste

Ons verwys studente na ander dienste by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, waar berading, loopbaanbeplanning, en hulp met stres- en tydsbestuur sowel as ondersteuning wat studies betref, verskaf word.

​Finansiële steun

As jy finansiële steun nodig het, skakel met Lynette Williams by die Sentrum vir Beurse en Lenings by lrw@sun.ac.za, of skakel die Kontak- en Kliëntesentrum by 021 808 9111. Jy kan ook vir finansiële steun aansoek doen by die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente – besoek http://www.nsfas.org.za/ gerus vir meer inligting.

​Gesondheidsdienste​

Studente het toegang tot bekwame verpleegpersoneel en dokters by Kampusgesondheidsdienste. Op die Stellenbosch-kampus is hulle by Claassenstraat 7 te vinde, en op die Tygerberg-kampus is hulle in die Studentesentrum in Francie Van Zijl-rylaan. Skakel 021 808 3496/3494 (Stellenbosch-kampus) of 021 938 9590 (Tygerberg-kampus) vir meer inligting.

​Mentors in koshuise

As jy ʼn eerstejaar is, het jy toegang tot ʼn mentor. As jy op kampus woon, sal jy ʼn koshuismentor hê, en as jy privaat woon, sal jy toegang tot ʼn mentor hê deur een van die privaatstudenteorganisasie-wyke (PSO-wyke). Mentors kan jou ondersteun wanneer jy swaarkry of dinge moeilik gaan. ​