Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Copy of sc web banners (3).png

​​​​​

Die oorsprong van die naam “Auxin" is Grieks (auxano) en beteken om “te groei"

Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) het die Auxins begin in die uit voering van hulle taak om US-akademici met hulle onderrigverantwoordelikhede by te staan.Om meer oor die Auxins te lees, kliek hier.

​Die doelwit van die Auxins is om vir US-akademici die volgende groeigeleenthede te skep:

  • Toonvensters vir innoverende onderrig- en assesseringspraktyke op kampus
  • Geleenthede vir akademici om hulle kennis oor onderwerpe in die arena van onderrig en leer aan die US, waarin hulle self belangstel, te ondersoek en te verdiep
  • 'n Padkaart vir akademieskap vir onderrig en leer as deel van die algehele groeiproses vir dosente om reflektiewe dosente te word.

Die Auxins fokus op innoverings in onderrig en leer aan US. Gedagtig aan ons US Onderrig- en Leerbeleid, neem ons in ag dat ons dosente werk in 'n konteks van toenemend diverse studentekorps.

Ondersteuning en hulpbronne vir US dosente se innoverende onderrig wat tydens Auxins gedeel word​, belyn met die US strategiese raamwerk vir genetwerkte en samewerkende onderrig en leer. Die US Onderrig- en Leerbeleid maak voorsiening vir hulpbronne wat dosente en  studenteleer ondersteun (soos biblioteke en tegnologie) as 'n integrale deel van die leeraanbiedinge. ​​

Vir hulpbronne van die vorige Auxins, kliek hier.​
​​

​​​​​ ​​​​

The name of the “Auxins" originates from Greek (auxano) and means “to grow".

The Centre for Teaching and Learning (CTL) started the Auxins to accomplish their task of supporting SU academics in their teaching responsibilities.  To read more about the Auxins, click here.

The Auxins therefore has as its aim to create the following growth opportunities for SU academics:

  • Windows for innovative teaching and assessment practices on campus
  • Opportunities for academics to examine and deepen their knowledge about topics of own interest in the arena of teaching and learning at SU
  • A Scholarship of teaching and learning route on the growth route of becoming reflective lecturers.

For resources of previous Auxins, click here.

Igama elithi “i-Okzini" lisuka kwigama lesiGrike elithi “auxano" nelithetha ukuthi “ukukhula".

IZiko lokuFundisa nokuFunda (CTL) laqala i-Okzini ukuze lifezekise umsebenzi walo wokuxhasa abahlohli nabafundi base-SU kumaxanduva abo okufundisa. Ukuze ufunde kabanzi ngee-Okzini, cofa apha

I-Okzini ke ngoko inezi zinto njengenjongo yayo yokudala la mathuba alandelayo ukulungiselela abahlohli nabafundi base-SU:

  • I-Windows ukulungiselela imisebenzi yokufundisa nokuhlola ekhampasini
  • Amathuba abahlohli nabafundi okuba bahlole ze benze nzulu nangakumbi ulwazi lwabo malunga nemixholo abanomdla kuyo kwimeko yokufundisa nokufunda e-SU
  • ISkolashiphu sendlela yokufundisa nokufunda malunga nendlela yokukhula ekubeni ngabahlohli abasebenza ngokubonakalisa. 

Ukuze ufumane imithombo yoncedo yee-Okzii zangaphambili, cofa apha​.

2023 Auxins​​

Oktober 3, 2023
 Dr Chrischar Rock

Onderwerp​: “… maar wat is my doelwit …?”: die ontwikkeling van die kritiese  besinningspraktyke van onderwysers wat nog nie in diens is nie

In die vier jaar waarin hulle onderwys studeer, gaan onderwysers wat nog nie in diens is nie, om met ʼn verskeidenheid assesseringsprosesse en ‑take oor hulle studiemodules heen, om hulle vordering met die bereiking van die module- of programuitkomste te bepaal. Die skoolgebaseerde praktikum is ʼn integrale deel van daardie proses en beoog om onderwysstudente se begrip van assessering as leer en assessering vir leer te ontwikkel. Tot watter mate word selfbesinningspraktyke aangemoedig sodat onderwysstudente hulle kritiese denke oor die self kan ontwikkel? Daar word aangevoer dat, “hoewel selfbesinning na binne fokus, dit ʼn gewoonte [is] wat interpersoonlik beoefen en ontwikkel word, binne betekenisvolle verhoudings wat gerig word deur opsetlike vrae en ʼn strewe na doelbewuste oogmerke" (Costa en Garmston, 2016; Wetzel et al., 2017). Die aanbieder sal die impak deel van ʼn refleksiewe en geleide ontwikkelingsgesprekshulpmiddel, wat op onderwysstudente en hulle skoolgebaseerde mentors getoets is en op die skoolgebaseerde praktikum fokus. Sodoende sal die klem val op die rol wat hierdie hulpmiddel in die aanpassingskundigheid (Hunskaar en Gudmundsdottir, 2023) van onderwysstudente en hulle mentoronderwysers gespeel het en kan speel. Die dialoog sal boonop ook gemik wees op die rol en impak van geleide ontwikkelingsgesprekke as volhoubare assessering om onderwysstudente op hulle lewenslange reis na onderwyser word, by te staan. 



Augustus 22, 2023
 Dr Hanelie Adendorff

Onderwerp: Hulpmiddels om onderrig te verstaan

Het jy al ooit ʼn fantastiese leerervaring aangebied, maar jou studente het jou steeds onbegrypend aangegaap? Jy is nie alleen nie. Dit gebeur met die beste dosente. Hoe kan ʼn mens sin maak van waarom studente nie sin maak nie? In hierdie Auxin bespreek dr Hanelie Adendorff die legitimasiekodeteorie (LKT) as ʼn analitiese raamwerk wat aan akademici toegang verleen tot die diskoers oor vakkundige onderrig, leer en assessering.



Julie 25, 2023
 Dr Philip Southey

Onderwerp: Modellering van studente se begrip – wat kognitiewe wetenskap ons oor onderrig kan leer

“My studente begryp uiteindelik die konsep!” Wat presies gebeur dan in die verstand van die studente? Die eerste deel van hierdie aanbieding ondersoek verskillende kognitiewe modelle van “begrip” en hoe dit in pas gebring word met verskeie benaderings tot onderrig, leer en assessering. In die besonder ondersoek ek die begrippe “konsep” en “konteks”, “antwoordskepping” en “sin maak”, asook die begrip “beliggaming”. Die tweede deel van die aanbieding ondersoek die kognitiewe wetenskap van affektiewe kwessies soos vrees en onsekerheid en hoe dit in ’n klaskameromgewing kan manifesteer. Byvoorbeeld, wanneer ’n vraag aan ’n enkele student in ’n groot klas gevra word, kan die student se sin van status onder dié se portuurgroep bedreig word, wat kan omsit in ’n vreesreaksie en verminderde kognitiewe vermoë om aandag aan die vraag te gee. Gegewe hierdie twee breë kognitiewe raamwerke van “begrip” en “emosie”, wil ek graag ’n bespreking fasiliteer oor hoe hierdie modelle by kollegas se ervarings van beste onderrigpraktyke aansluit.



Mei 23, 2023
 Dr Albert Strever, Dalene Joubert

Onderwerp: AI² x Auxin: KI-bevorderde leer

Met kunsmatige intelligensie (KI) wat die wêreld vinnig verander, het die hoër onderwyssektor die uitdaging om ons doel te herbedink én om studente toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir 'n KI-toekoms. In hierdie tweede AI² x Auxin-sessie kyk ons hoe KI by ons leerpraktyke ingesluit kan word.

Daar word gesteun op Aoun (2017) en McKenna (2023) om vas te stel watter vaardighede studente kan verwerf om "robot-bestand" te wees en tot diens van die samelewing te wees. Met Dai, Lui & Lim (2023) se beskrywing van ChatGPT as 'n fasiliteerder (“enabler”) in die hoër onderwys-omgewing, stel ons dit voor as 'n hulpmiddel wat studente se selfgereguleerde leer kan bevoordeel en die leerproses kan versterk. Ons stel 'n oopkop, maar kritiese benadering tot die gebruik van KI vir leer voor.

Dr. Albert Strever van die Departement van Landou Ekonomie demonstreer hoe hy ChatGPT in voorgraadse leerpraktyke benut. Die geleentheid sluit af met ’n vrae en antwoorde-sessie, bring dus gerus enige vrae.



April 12, 2023
 Me Magriet de Villiers; Me Dalene Joubert; Dr Philip Southey en Dr Hanelie Andendorff

Onderwerp: Kunsmatige intelligensie in die hoëronderwysstelsel

Die afgelope paar weke het KI-tegnologie beduidend gegroei met innovasies van industrie-leiers soos Google en Microsoft wat onder meer KI-funksies by hulle onderskeie pakkette begin inbou. Hierdie soort tegnologiese vooruitgang sal ’n radikale impak hê op hoe ons werk, leer en leef, en dit lig belangrike vrae oor die implikasies vir onderrig, leer en assessering in die hoër onderwyssektor. 

In hierdie sessie sal ons die impak van KI op onderwys verder ondersoek en ons bespreking sluit die volgende in:

  • 'n Kort verkenning van die geskiedenis van KI en sy huidige ontwikkelingstadium
  • 'n Ondersoek na KI-tegnologieë wat tans in gebruik is, en hoe dit die manier waarop ons leef, werk en met mekaar omgaan, beïnvloed
  • 'n Spesifieke fokus op ChatGPT, insluitend 'n demonstrasie van sy huidige vermoëns en hoe ons dit in die US-konteks kan benut.​

Daar sal, soos gebruiklik, genoeg tyd vir vrae en bespreking wees. Sluit gerus aan vir wat 'n insiggewende en informatiewe sessie beloof te wees.



Maart 28, 2023
 Emeritus professor Chrissie Boughey

Onderwerp: Kritikaliteit en sosiale geregtigheid

Die studenteprestasiedata wat die Raad op Hoër Onderwys in die vorm van die VitalStats-kohortontledings publiseer, toon reeds jare lank dieselfde konstante patroon: Ongeag die vakke wat hulle studeer, die programme waarvoor hulle ingeskryf is, en die universiteit waar hulle geregistreer is, vaar swart Suid-Afrikaners minder goed as hulle wit eweknieë op universiteit. Die ‘gesondeverstandredenasie’ dat dít aan die gehalte van skoolonderwys te wyte is, hou om verskeie redes nie steek nie. In plaas daarvan, lê die werklike oorsaak vir swart studente se leerervarings op universiteit onder meer in die ‘wanverhouding’ tussen die tipe kennis wat onderskeidelik binne en buite die universiteit as waardevol beskou word, en die praktyke wat daaruit voortvloei. Die aanbieding lewer ’n betoog vir elke akademiese opvoeder om hulle werk nuut te benader sodat gegradueerdes tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van ons land kan bydra.



Februarie 21, 2023
 Dr Rhoda Malgas

Onderwerp: Die veldtog #dosomething: Bewaringsekologie as voedingsbodem vir ’n pedagogie van hoop

Dringende kwessies soos klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies en gronddegradasie is tereg en noodwendig op die voorgrond van die kurrikulum in Bewaringsekologie, wat dit die titel van ‘krisisdissipline’ besorg. Dit is onvermydelik dat studente gereeld met negatiewe nuus oor die stand van ons omgewing te doen kry. Die feite oor die probleme dra boonop weinig daartoe by om hulle hoop te gee dat die grade waarvoor hulle studeer enige merkbare verskil aan die wêreldwye uitdagings van die Antroposeen sal maak. Die veldtog #dosomething ontwrig die gedagte dat “ons niks aan die probleme kan doen nie”. Studente word gevra om ’n dringende bewaringskwessie waaroor hulle in hulle eie, persoonlike hoedanigheid passievol is die hoof te bied. Deur ’n aantal leeraktiwiteite word semesterlesingtemas en -assesserings geïntegreer met individuele veldtogte wat aan die begin van die semester gekies word.

Iterasie oor vyf jaar het gelei tot 'n onderrig- en leerproses wat drie onverwagte voordele opgelewer het: a) Studente kry dit reg om wêreldwye verandering op groot tydskale met hulle eie lewenservarings te verbind, wat hulle in wese in staat stel om hulleself as deel van die stelsel te sien. b) Studente leer ken mekaar se lewenservarings en steek sosiale (rasse- en ekonomiese) grense oor om die sienings te verstaan van klasmaats met wie hulle nie andersins sou gesosialiseer het nie. c) Terwyl studente self verandering oor tyd moniteer, leer hulle dat hulle individuele optrede verandering en kreatiewe reaksies kan teweegbring. 



2022 Auxins​​

Februarie 22, 2022
 Prof Dennis Francis (Sosiologie)

Onderwerp: 'n Gay Agenda: Kwellende verpligte heteroseksualiteit in ‘n Suid-Afrikaanse universiteitsklas


Onderrig in die diversiteit van gender en seksualiteit lei tot interessante en dikwels emosioneel evokatiewe pedagogiese gedagtewisselings. Dit kan ook uitdagende vraagstukke vir sowel onderwysers as studente skep.

Hierdie Auxin-aanbieding fokus op die uitkomste wanneer 'n module oor verpligte heteroseksualiteit en skoolopleiding in 'n voorgraadse sosiologieklas ter sprake kom. Van selfs groter belang is die ontleding wat aangebied word oor die kritiese insidente en spanninge wat spesifiek verband hou met hoe mag, kennis en emosie in onderrig en leer na vore kom. Deur die gebruik van teenonderdrukkende en affekte-teorieë lewer hierdie Auxin‑aanbieding 'n ontleding van hoe ons pedagogiese praktyk kan verstaan, veral wat betref die aanpak van die mag van normatiewe heteroseksualiteit in 'n universiteitsklaskamer. Deur besinnings oor kwessies wat in die module aangeroer word, argumenteer die aanbieder ten gunste van sosiologiese teoretisering, asook die ontleding van die rol van affek in pedagogieë wat bevrydende onderrig en leer op die gebied van anti‑heteroseksisme-opvoeding wil bevorder.

​ ​


Maart 29, 2022
 Dr Carmen Brewis (Senior Tolk, Taaldienste)

Onderwerp: Opvoedkundige tolking as deel van ‘pedagogies verantwoordbare’ onderrig- en leerpraktyke in ’n meertalige universiteitslesing


Die US Taalbeleid maak opvoedkundige tolking beskikbaar as hulpbron in die implementering van die drie kernprioriteite daarvan naamlik meertaligheid, toeganklikheid en pedagogies verantwoordbare onderrig en leer. Daar word uitdruklik erkenning gegee aan die feit dat die taalpraktyk verband hou met die manier waarop dissiplines kennis skep en dat dit die beste ontwikkel word binne daardie verskillende dissiplines en hulle verbandhoudende vakgebiede. Binne hierdie verskillende kontekste moet dosente 'n meertalige ingesteldheid hê en uitwerk wat 'werk' om die taalidentiteite van hulle leerders optimaal te verreken en hulle sodoende deelnemers in die onderrig- en leerproses te maak.

Sedert die bekendstelling van tolking aan die US het talle navorsingsprojekte insigte ontsluit in die prosesse wat tydens 'n getolkte universiteitslesing plaasvind en hoe dit deur dosente, studente en ook deur die tolke ervaar word. Die doel van hierdie aanbieding is om sommige van hierdie insigte aan dosente oor te dra om uiteindelik navorsing in die praktyk te implementeer. Die hoop is dat tolke saam met dosente meer doelgerig kan beplan vir die gebruik van tolking in die verskillende diskoerspraktyke in hulle lesings. Indien die gevolge van hierdie doseerpraktyke uiteindelik getoets kan word, kan dit op bewyse berus en meer bevorderlik wees vir die ontlsluiting van die intellektuele en kommunikatiewe talente van ons studente. ​

​ ​


April 12, 2022
 Dr Zelda Barends, Ms Agatha Lebethe (Fakulteit Opvoedkunde) & Dr Anthea Jacobs (Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer)

Onderwerp: Portefeuljes as ʼn pedagogiese keuse vir assessering as leer: insigte uit ʼn opvoedkundeprogram vir onderwysers

Baie is reeds geskryf oor die teoretiese grondslag van portefeuljes as ʼn assesseringswerktuig. Nie veel is egter bekend oor die kennis, ingesteldhede en kundigheid wat spruit uit die gebruik van portefeuljes en besinning onder voordiens-onderwysers nie. Hierdie assesseringstrategie waardeur studente leer, word ook assessering as leer genoem. Ons dra tot hierdie kennisgaping by deur te illustreer hoe ʼn module in ʼn onderwyser-opvoedkundeprogram portefeuljes as ʼn werktuig vir assessering as leer- en kennisintegrasie gebruik. Hierdie aanbieding put uit voordiens- grondslagfase-onderwysers se besinnings oor die waarde van portefeuljes as ʼn assesseringswerktuig vir leer, om die volgende vraag te beantwoord: bevorder portefeuljes leer deurdat studente besinning moet beoefen? 

Sodoende wil ons illustreer hoe ons portefeuljes, wat besinning as werktuig inkorporeer, gebruik om die studente se denkproses oor leer te verryk. Hierdie doelbewuste keuse vir onderrig en leer bied aan ons ʼn geleentheid om studente aan te moedig om oor hulle leer te dink, in plaas van slegs vir punte te werk. Ons wil die tradisionele siening van ʼn portefeulje as slegs ʼn versameling artefakte ontwrig, en streef na ʼn beskouing daarvan as ʼn leerportefeulje waar daar uit die leerproses geput is. Portefeuljes met ʼn uitdruklik fokus op leer, kan veranderinge vir studente teweegbring, soos hulle meer van hulle eie leer bewus raak. Die opbou van die leerportefeulje is dus ʼn doeltreffende vorm van professionele ontwikkeling. 

In die aanbieding sal ons die teoretiese grondslag met betrekking tot portefeuljes en assessering uiteensit en illustreer hoe dit ʼn skakel na volhoubare assessering kan wees. Ons kom tot die gevolgtrekking dat portefeuljes inderdaad ʼn nuttige pedagogiese keuse vir assessering as leer is.

​ ​



May 24, 2022
 Dr Jean Farmer (Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer)

Onderwerp:  Teorie-ontwikkeling vir narratiewe van leer en onderrig, vanuit die voorbeeld van Swart vroue se akademiese ervaring

Dit is nie genoeg om alleen “welkom” te sê nie. Om jou in die akademie te bevind en te voel dat jy daar behoort is noodsaaklik en selfs vermoeiend vir diegene wat hulle in die akademie bevind, soveel te meer vir enigiemand wat gemarginaliseer is en voel. Hoëronderwysinstellings behoort soveel meer te doen as om gekwalifiseerde personeel, en veral swart vroue, bloot in die akademie te verwelkom. Die “trae tempo van verandering en transformasie” en ervaring van mikro aggressie in instellings spruit voort uit ’n diepgesetelde patriargie en kolonialisme. Hierdie wêreldwye verskynsel behels die ervaring van uitputting onder gemarginaliseerde groepe in die akademie, nie net vanweë hul werkslading nie, maar ook vanweë ander gevegte waarmee hulle in die akademie te make het. Geen instelling wil hieraan skuldig wees nie. Die institusionele bestuur behoort gevolglik daadwerklike pogings aan te wend om hierdie kwessies aan te spreek en te verseker dat die kultuur van die instelling getransformeer word sodat niemand gemarginaliseer, of soos buitestaanders, hoef te voel nie. Die verandering kan aangepak word deur die erkenning van bevoorregting.



​​
Julie 26, 2022
 Mev Elizabeth Moll-Willlard & Mnr Jeremiah Pietersen

Onderwerp: Die ontwikkeling van inligting-slim studente – bibliotekarisse en hulle geheime rol in die onderrigagenda van die Universiteit Stellenbosch

Op universiteitsvlak moet studente en personeel in staat wees om die wêreld van inligting te navigeer – om te verstaan hoe om navorsing te doen, te weet watter hulpbronne beskikbaar is en om die hulpbronne in jou eie konteks te kan evalueer, is ʼn vaardigheid wat talle moet bemeester om dit deur hulle universiteitsgraad te maak. Daar word soms aanvaar dat hierdie vaardigheid as ʼn neweproduk van opdragte en uitslae aangeleer word, maar daar moet uitgelig word dat die universiteit oor ʼn (geheime) skatkis van kundigheid beskik om hierdie noodsaaklike vaardighede te onderrig: bibliotekarisse. Bibliotekarisse is op versoek van dosente daarby betrokke om studente se vermoë om inligting te vind, te verstaan en te evalueer, onder ander inligtingsgeletterdheidsvaardighede, te help verbeter. Hierdie vaardighede kan studente help om van die eerste jaar af in hulle studies uit te blink, as die fakulteit die bibliotekarisse betrek. Ons wil wys hoe ons bibliotekarisse by onderrig in die Universiteit betrokke is en sommige van die suksesverhale en vaardighede, wat dalk nie so algemeen bekend is nie, deel om meer fakulteite aan te moedig om suksesvol met hulle bibliotekarisse saam te werk. Ons wil hierdie verhale ook deel sodat fakulteite kan besef dat hulle nie kenners op hierdie gebied hoef te wees nie en dat hulle steun het met die onderrig van vaardighede soos bronverwysings, die lees van akademiese inligting, die evaluering van inligting en meer. Dit is nie slegs die fakulteit en die biblioteek wat by hierdie vennootskappe baat nie, maar die studente voel ook beter toegerus vir navigasie. Om die meerderheid studente ná afloop van hulle eerste sessie met ʼn bibliotekaris aan te haal: “Hoekom het ek dit nie in my eerste jaar al geleer nie?”

isiXhosa:
Ukukwazi ukuzula-zula kwihlabathi lolwazi kuyimfuneko kwinqanaba leyunivesithi kubafundi nabasebenzi ngokufanayo– ukuqonda indlela yokwenza uphando, izibonelelo ezifumanekayo nokukwazi ukuvavanya izibonelelo kumxholo wakho sisakhono ekufuneka abaninzi basazi ukuze bakwazi  ukuphumelela kwisidanga saseyunivesithi.  Maxa wambi kucingelwa ukuba obu buchule bufundwa njengemveliso evela kumsebenzi omiselweyo kunye neziphumo, kodwa kufuneka igxininiswe into yokuba iyunivesithi inobuncwane (obufihliweyo) bobuchule bokufundisa ezi zakhono zibalulekileyo: oonocwadi. Fund​a kabanzi apha...​



​​
Augustus​ 23, 2022
 Ruth Andrews (Bestuurder: Ko-kurrikulum)

Onderwerp: Flipping the Script in Teaching and Learning

Die US Onderrig- en Leerbeleid bepaal dat die holistiese ontwikkeling van studente die integrasie van die kurrikulum en ko-kurrikulum omvat. Die ko-kurrikulum vervul ’n rol in die verkryging van die eienskappe van ’n gegradueerde, en koppel die eienskappe van ’n gegradueerde aan ’n bevoegdheidsraamwerk vir implementering deur leerervarings binne en buite die klaskamer vir niegraaddoeleindes. ’n Wye verskeidenheid ko-kurrikulêre aktiwiteite is vir studente se holistiese ontwikkeling beskikbaar. By die US is ko-kurrikulêre leer bevoegdheidsgebaseer om voorsiening te maak vir die ontwikkeling en assessering van vermoëns wat uiting gee aan die wêreld van werk, die samelewing en sosiale geregtigheid, en dissiplinêre kennis. Hierdie aanbieding dek die Ko-kurrikulumkantoor se reis van 2018 tot dusver met die ontwikkeling van ’n stewige en goed nagevorsde bevoegdheidsraamwerk wat studente se vermoëns verder versterk met die oog op die implementering van leerervarings binne en buite die klaskamer ter fasilitering van die verkryging van die eienskappe van ’n gegradueerde, soos omskryf deur die Universiteit Stellenbosch. Die Ko-kurrikulumkantoor ontvang in 2020 befondsing via die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (FINLO) om die ontwikkeling van bevoegdheidsassesseringsinstrumente vir gebruik in die ko-kurrikulum sowel as die kurrikulum te ondersoek. Navorsing (onder meer deur Dreyfus, Miller, Ten Cate, Van der Vleuten, McClelland, Prifti); en ’n reeks bevoegdheidsontwerp-werkswinkels, tesame met praktiese werk, is met tyd uitgevoer om bevoegdheidsgebaseerde assesseringsvaardighede en instrumente te ontwikkel. Hierdie projek is die eerste binne ’n Suid-Afrikaanse akademiese omgewing waarmee die volle integrasie van kurrikulum- en ko-kurrikulum-ervaringsleer en gedragsassesseringsrubrieke in ’n leerontwerp bereik is.

isiXhosa:
Umgaqo-nkqubo wokuFunda nokuFundisa weYunivesithi yase-Stellenbosch (SU) uthi, uphuhliso olupheleleyo lwabafundi lubandakanya ukudibanisa ikharityhulam kunye nekharityhulam eyimfihlo. Ikharityhulam eyimfihlo izalisekisa indima ekufumaneni iimpawu zesidanga, esinxulumanisa iimpawu zesidanga kwisakhelo sobuchule sokuphunyezwa angaphakathi nangaphandle kwamava okufunda eklasini, ngeenjongo ezingezizo zesidanga. Iindidi ngeendidi zemisebenzi yekharityhulam eyimfihlo ziyafumaneka ukulungiselela uphuhliso olupheleleyo lwabafundi.  Funda kaba​nzi apha...​



​​



Oktober 4, 2022
 Viviane de Moraes Abrahão; Maria Vaquero-Diego

Onderwerp: Die universiteit se sosiale verantwoordelikheid: Die rol van opvoeders

Die sosiale sy van die hoër onderwys het die afgelope tyd ’n al hoe belangriker kwessie by verskeie instellings geword. Universiteite is nie meer net kennisskeppers en -verspreiders nie. Daar word deesdae toenemend van hoëronderwysinstellings verwag om as werktuie vir sosiale transformasie en groei te dien, en te voorsien in die individuele en sosiale behoeftes van ’n wêreld wat al hoe meer bewus is van sy diversiteit (Pérez, 2009, bl 8). Dié verskuiwing het onder meer gelei tot die konsep van die universiteit se sosiale verantwoordelikheid (“USR”) – dat die universiteit, as ’n instelling, tot die ontwikkeling en verbetering van die gemeenskap moet bydra en voortdurend sy plek en rol in die samelewing moet heroorweeg. Dít word bereik deur opvoedkundige dienste te voorsien wat op die beginsels van etiek, ’n toewyding aan die samelewing en die bevordering van goeie waardes berus, en deur sosiaal verantwoordbaar te wees. Omdat alle onderrigpersoneel, ook universiteitsprofessore, deel is van die werktuig vir verandering, moet hulle bewus wees van hulle rol. Hierdie aanbieding beoog om universiteitsopvoeders bewus te maak van hulle rol as agente vir sosiale verandering. Dit bespreek kernaspekte van die universiteit se sosiale verantwoordelikheid wat betref die integrasie van diversiteit sowel binne as buite die universiteit, en die toepassing daarvan op die kurrikulums van alle vakgebiede.​

isiXhosa:
UViviane unesidanga sedigri yeemastazi kwizifundo zoSetyenziso loLwimi lwesiNgesi noNxibelelwano lwakuMazwe ngaMazwe kwaye​ ufundela isidanga sobuGqirha (PhD) kwiZifundo zoKhubazeko neMfundo ePhakamileyo e-Universidad Autónoma de Madrid. Eyona nto iphambili lugxile kuyo uphando lwakhe luquko lwabantu abaphila nokhubazeko ekuhlaleni, nendima yoluntu lulonke ekuqinisekiseni olo quko lunjalo. Ube ngumhlohli kwiYunivesithi yase-ESIC iminyaka eliqela kwaye uyinxalenye yeqela lophando olumalunga noquko lwabantu abaphila nokhubazeko kwiindawo zempangelo. Funda kaba​nzi apha...​​​



​​

​​

​​2021 Auxins​

Februarie 23, 2021
 Prof Susan van Schalkwyk, Professor van Gesondheidsberoepe Onderwys en Direkteur van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Onderwerp: Vakkundigheid, vakkundige onderrig en die akademieskap van onderrig en leer (AvOL): implikasies vir die professorskorps.

​ ​


Maart 23, 2021
 A/Prof Robbie Pott: Departement Prosesingenieurswese

Onderwerp: Die balans tussen dissipline-spesifieke navorsing en ‘n akademiese begronding in leer en onderrig.​​




April 13, 2021
 Dr Nompilo Tshuma, Dosent, Departement Kurrikulumstudie & Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys

Onderwerp: Om aanlyn nagraadse toesig te vermenslik: Besinning oor studenteondervindings tydens die inperking




Mei 25, 2021
 Dr Marenet Jordaan, Hons BA Joernalistiek sameroeper, Fakulteit Letter & Sosiale Wetenskappe

Onderwerp: Die ontwerp van ‘n module vir eerstejaars se kennisvaardighede.

​ ​​


Julie 20, 2021
 Dr Margaret Blackie, Senior Dosent in Departement Chemie en Polimeerwetenskap en US Onderriggenoot

Onderwerp: Studente se ontwikkelende begrip van kennis: Insae uit ‘n longitudinale studie in Chemie

​ ​


Augustus 24, 2021
 Dr Marianne Unger, Senior Dosent, Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Onderwerp: Die geheel is meer as die som van die dele – verkenning van die 4C-ID-model vir kurrikulumontwerp

​ ​ ​


Oktober 5, 2021
 Dr Marianne McKay, AgriWetenskappe

Onderwerp: Programhernuwing​​

​ ​​​​​​​
​​



​​2020 Auxins​

September 22
 Prof Geo Quinot

Onderwerp: Hoër onderwys in gemeenskap – samewerkende hoër onderwys, ’n etiek en pedagogie van omgee en Ubuntu​.



​ ​
Augustus 25
 Salisha Maharaj en Dr Christina van der Merwe

Onderwerp: Noodmigrasie na aanlynleer in Covid-19: Impak op geestesgesondheid en welstand van dosente en ander universiteitspersoneel.​​ 


28 Julie​ 2020
 Prof Karin Baatjes​

Onderwerp: Onderrig en leer in die nexus tussen teorie en praktyk​​​


26 Mei​​​ 2020
 Prof Mbulungeni Madiba​

Onderwerp: Die implementering van multitaligheid in SA universiteite: dilemmas en innoverings

​​
​​

28 April 2020
 Dr Maricel Krügel​

Onderwerp: Aanlyn onderrig en die ontwerp d​aarvan​

​ ​

​ ​

​​​

Groeigeleenthede vanuit die Auxins

Die beplande groeigeleenthede sluit die Auxin Padkossessies in wat tydens die semester oor die etensuur,​ op die laaste Dinsdag van die maand gehou word. Saam met padkos as voeding vir die liggaam, sal daar ook "padkos" vir die onderrigreis verskaf word. ​

Tydens die Padkossessies sal deelnemers ook die geleentheid kry om aan te dui of hulle belangstel om by 'n gefokusde belangstellingsgroep (GBG) aan te sluit ten einde m​eer diepgaande navorsing in 'n spesifieke onderwerp te doen. Die GBG-deelnemers kan besluit hoe en wanneer hulle wil ontmoet, en die ontmoetings kan 'n verskeidenheid van aktiwiteite insluit. Moontlike uitkomste van die GBG is 'n aksienavorsingsprojek of die fasilitering van 'n werksessie.  ​'n FINLO-aansoek kan ontstaan uit die interaksies, wat volg op 'n aanbieding by die jaarlikse Konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer en die publikasie van bevindinge in 'n akademiese vaktydskrif. Deelname aan 'n skryfgeleentheid sal dosente verder steun tot by die punt van publikasie en/of referaatlewering by 'n eksterne konferensie. Akademici mag ook besluit omstudies in Hoër Onderwys aan te pak.


Sien hieronder ’n grafiese voorstelling van die groeigeleenthede as deel van die A​uxins​:

Final Poster.jpg​​

Verduideliking van die m​etafoor

​Die Grootnoemnoem-boom, taai en inheems aan die Wes-Kaap, is gekies as metafoor vir hierdie projek, omdat ons die verband kon sien tussen sommige van die boom se unieke eienskappe en US-akademici wat besluit dat hulle wil groei tydens hulle onderrigreis. Ons interpreteer hierdie eienskappe as volg:

Immergroen: Akademici wat die pad van Akademieskap van Onderrig stap, is konstant aan die groei en is 'n teken van "lewe".

Inheems: Akademici wat op hulle onderrig en die Akademieskap van Onderrig fokus, is nie van buite nie, maar eie tot die US. Onderrig aan die US is hulle teelaarde en dit is waar hulle floreer.

Taai en aanpasbaar by 'n wye verskeidenheid van (tuin)toestande: Akademici wat fokus op hulle onderrigrol word nie maklik oorweldig nie. Hulle kan planne maak en kan op ongewone plekke en in uitdagende omstandighede oorleef.

Geparfumeerde blomme: Akademici wat bot in hulle onderrigrol, bring kollegas en studente nader aan hulle, net soos wat geparfumeerde blomme bye en skoenlappers aantrek.

Vrugte word geniet deur mense: Wanneer die akademikus begin om sy/haar navorsing oor onderrig by konferensies en in publikasies te deel, word dit opgeraap deur kollegas.

Stekels: Akademici wat fokus op hulle onderrig kan enigiets en enigiemand die hoof bied.

Trotseer wind, hitte en soutsproei: Hoewel dit moeilik kan wees om uself regop te hou teen die "elemente", hou die US-akademikus wat fokus op sy of haar onderrigrol aan om te groei ten spyte van 'n pad wat somtyds moeilik is.

Sal matige droogte uitstaan, maar vaar beter indien natgelei word: Gereelde interaksie met kollegas by SOL, en ook met ander akademici wat dieselfde gevoelens oor hulle onderrig deel, bied genoeg hulpbronne om droogtes te oorleef en om 'n rekordoes in tye van oorvloed te verseker.

Stadig om te begin, maar groei vinnig na die eerste seisoen: Dit mag soms voel of daar geen vordering gemaak word nie, maar hou moed, want na 'n stadige begin is daar welige groei!

Hou van volle son: Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) sal die son wees op bewolkte dae.

Vir die beste resultate plant dit in vrugbare grond wat met kompos behandel word, en voer dit nou en dan met gebalanseerde organiese tuinkunsmis in die somer: Die doel van die Auxin-projek is om hierdie ideale omstandighede vir optimale groei met die Auxin-groeigeleenthede te skep.




Besprekings

Mer oor Auxin​​