Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Au​xin Hulpbronne 2022



​​​​​​​​​​​

​​2022  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2021  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2020  

​    
​​​​

2019  

​​​     

2018  

​​​     

2017 

​​​     

2016  

​​​     

2015 

 4 Oktober 2022​​​​

  • Die universiteit se sosiale verantwoordelikheid: Die rol van opvoeders
  •   Viviane de Moraes Abrahão; Maria Vaquero-Diego​​

Aanbevole leeswerk:​

Die sosiale sy van die hoër onderwys het die afgelope tyd ’n al hoe belangriker kwessie by verskeie instellings geword. Universiteite is nie meer net kennisskeppers en -verspreiders nie. Daar word deesdae toenemend van hoëronderwysinstellings verwag om as werktuie vir sosiale transformasie en groei te dien, en te voorsien in die individuele en sosiale behoeftes van ’n wêreld wat al hoe meer bewus is van sy diversiteit (Pérez, 2009, bl 8). Dié verskuiwing het onder meer gelei tot die konsep van die universiteit se sosiale verantwoordelikheid (“USR”) – dat die universiteit, as ’n instelling, tot die ontwikkeling en verbetering van die gemeenskap moet bydra en voortdurend sy plek en rol in die samelewing moet heroorweeg. Dít word bereik deur opvoedkundige dienste te voorsien wat op die beginsels van etiek, ’n toewyding aan die samelewing en die bevordering van goeie waardes berus, en deur sosiaal verantwoordbaar te wees. Omdat alle onderrigpersoneel, ook universiteitsprofessore, deel is van die werktuig vir verandering, moet hulle bewus wees van hulle rol.

​Hierdie aanbieding beoog om universiteitsopvoeders bewus te maak van hulle rol as agente vir sosiale verandering. Dit bespreek kernaspekte van die universiteit se sosiale verantwoordelikheid wat betref die integrasie van diversiteit sowel binne as buite die universiteit, en die toepassing daarvan op die kurrikulums van alle vakgebiede.

isiXhosa:
UViviane unesidanga sedigri yeemastazi kwizifundo zoSetyenziso loLwimi lwesiNgesi noNxibelelwano lwakuMazwe ngaMazwe kwaye ufundela isidanga sobuGqirha (PhD) kwiZifundo zoKhubazeko neMfundo ePhakamileyo e-Universidad Autónoma de Madrid. Eyona nto iphambili lugxile kuyo uphando lwakhe luquko lwabantu abaphila nokhubazeko ekuhlaleni, nendima yoluntu lulonke ekuqinisekiseni olo quko lunjalo. Ube ngumhlohli kwiYunivesithi yase-ESIC iminyaka eliqela kwaye uyinxalenye yeqela lophando olumalunga noquko lwabantu abaphila nokhubazeko kwiindawo zempangelo. Funda kaba​nzi apha...​​​


 23 Augustus 2022​​​​

  • Flipping the Script in Teaching and Learning
  •   Ruth Andrews ​​

Aanbevole leeswerk:​

  • Bartram, D., & Roe, R. A. (2008). Individual and organisational factors in competence acquisition. In The learning potential of the workplace (pp. 71-96). Brill.
  • Miller, G. E. (1990). The assessment of clinical skills/competence/performance. Academic medicine65(9), S63-7.
  • Dreyfus, S. E., & Dreyfus, H. L. (1980). A five-stage model of the mental activities involved in directed skill acquisition. California Univ Berkeley Operations Research Center.
  • Hammer, M. R., Bennett, M. J., & Wiseman, R. (2003). Measuring intercultural sensitivity: The intercultural development inventory. International journal of intercultural relations27(4), 421-443.
  • Taylor, P. J., Russ-Eft, D. F., & Chan, D. W. (2005). A meta-analytic review of behavior modeling training. Journal of applied psychology90(4), 692.
  • Bandura, A., & Walters, R. H. (1977). Social learning theory (Vol. 1). Prentice Hall: Englewood cliffs.
 
Die US Onderrig- en Leerbeleid bepaal dat die holistiese ontwikkeling van studente die integrasie van die kurrikulum en ko-kurrikulum omvat. Die ko-kurrikulum vervul ’n rol in die verkryging van die eienskappe van ’n gegradueerde, en koppel die eienskappe van ’n gegradueerde aan ’n bevoegdheidsraamwerk vir implementering deur leerervarings binne en buite die klaskamer vir niegraaddoeleindes. ’n Wye verskeidenheid ko-kurrikulêre aktiwiteite is vir studente se holistiese ontwikkeling beskikbaar. By die US is ko-kurrikulêre leer bevoegdheidsgebaseer om voorsiening te maak vir die ontwikkeling en assessering van vermoëns wat uiting gee aan die wêreld van werk, die samelewing en sosiale geregtigheid, en dissiplinêre kennis.

Hierdie aanbieding dek die Ko-kurrikulumkantoor se reis van 2018 tot dusver met die ontwikkeling van ’n stewige en goed nagevorsde bevoegdheidsraamwerk wat studente se vermoëns verder versterk met die oog op die implementering van leerervarings binne en buite die klaskamer ter fasilitering van die verkryging van die eienskappe van ’n gegradueerde, soos omskryf deur die Universiteit Stellenbosch. Die Ko-kurrikulumkantoor ontvang in 2020 befondsing via die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (FINLO) om die ontwikkeling van bevoegdheidsassesseringsinstrumente vir gebruik in die ko-kurrikulum sowel as die kurrikulum te ondersoek. Navorsing (onder meer deur Dreyfus, Miller, Ten Cate, Van der Vleuten, McClelland, Prifti); en ’n reeks bevoegdheidsontwerp-werkswinkels, tesame met praktiese werk, is met tyd uitgevoer om bevoegdheidsgebaseerde assesseringsvaardighede en instrumente te ontwikkel. Hierdie projek is die eerste binne ’n Suid-Afrikaanse akademiese omgewing waarmee die volle integrasie van kurrikulum- en ko-kurrikulum-ervaringsleer en gedragsassesseringsrubrieke in ’n leerontwerp bereik is.

isiXhosa:
Umgaqo-nkqubo wokuFunda nokuFundisa weYunivesithi yase-Stellenbosch (SU) uthi, uphuhliso olupheleleyo lwabafundi lubandakanya ukudibanisa ikharityhulam kunye nekharityhulam eyimfihlo. Ikharityhulam eyimfihlo izalisekisa indima ekufumaneni iimpawu zesidanga, esinxulumanisa iimpawu zesidanga kwisakhelo sobuchule sokuphunyezwa angaphakathi nangaphandle kwamava okufunda eklasini, ngeenjongo ezingezizo zesidanga. Iindidi ngeendidi zemisebenzi yekharityhulam eyimfihlo ziyafumaneka ukulungiselela uphuhliso olupheleleyo lwabafundi.  Funda kaba​nzi apha...​

​​

 26 Julie 2022​​​​

  • Die ontwikkeling van inligting-slim studente – bibliotekarisse en hulle geheime rol in die onderrigagenda van die Universiteit Stellenbosch
  •   Mev Elizabeth Moll-Willlard & Mnr Jeremiah Pietersen ​​

Aanbevole leeswerk:​

  • Gilman, N.V., Sagàs, J., Camper, M. and Norton, A.P., 2017. A faculty–librarian collaboration success story: Implementing a teach-the-teacher library and information literacy instruction model in a first-year agricultural science course. Library Trends, 65(3), pp.339-358. Beskikbaar. 
  • Bowles-Terry, M. and Donovan, C., 2016. Serving notice on the one-shot: Changing roles for instruction librarians. International Information & Library Review, 48(2), pp.137-142. Beskikbaar.
  • Bury, S., 2016. Learning from faculty voices on information literacy: Opportunities and challenges for undergraduate information literacy education. Reference Services Review, 44 (3), pp. 237-252. Beskikbaar.​
 
Op universiteitsvlak moet studente en personeel in staat wees om die wêreld van inligting te navigeer – om te verstaan hoe om navorsing te doen, te weet watter hulpbronne beskikbaar is en om die hulpbronne in jou eie konteks te kan evalueer, is ʼn vaardigheid wat talle moet bemeester om dit deur hulle universiteitsgraad te maak. Daar word soms aanvaar dat hierdie vaardigheid as ʼn neweproduk van opdragte en uitslae aangeleer word, maar daar moet uitgelig word dat die universiteit oor ʼn (geheime) skatkis van kundigheid beskik om hierdie noodsaaklike vaardighede te onderrig: bibliotekarisse. Bibliotekarisse is op versoek van dosente daarby betrokke om studente se vermoë om inligting te vind, te verstaan en te evalueer, onder ander inligtingsgeletterdheidsvaardighede, te help verbeter. Hierdie vaardighede kan studente help om van die eerste jaar af in hulle studies uit te blink, as die fakulteit die bibliotekarisse betrek. Ons wil wys hoe ons bibliotekarisse by onderrig in die Universiteit betrokke is en sommige van die suksesverhale en vaardighede, wat dalk nie so algemeen bekend is nie, deel om meer fakulteite aan te moedig om suksesvol met hulle bibliotekarisse saam te werk. Ons wil hierdie verhale ook deel sodat fakulteite kan besef dat hulle nie kenners op hierdie gebied hoef te wees nie en dat hulle steun het met die onderrig van vaardighede soos bronverwysings, die lees van akademiese inligting, die evaluering van inligting en meer. Dit is nie slegs die fakulteit en die biblioteek wat by hierdie vennootskappe baat nie, maar die studente voel ook beter toegerus vir navigasie. Om die meerderheid studente ná afloop van hulle eerste sessie met ʼn bibliotekaris aan te haal: “Hoekom het ek dit nie in my eerste jaar al geleer nie?”

isiXhosa
Ukukwazi ukuzula-zula kwihlabathi lolwazi kuyimfuneko kwinqanaba leyunivesithi kubafundi nabasebenzi ngokufanayo– ukuqonda indlela yokwenza uphando, izibonelelo ezifumanekayo nokukwazi ukuvavanya izibonelelo kumxholo wakho sisakhono ekufuneka abaninzi basazi ukuze bakwazi  ukuphumelela kwisidanga saseyunivesithi.  Maxa wambi kucingelwa ukuba obu buchule bufundwa njengemveliso evela kumsebenzi omiselweyo kunye neziphumo, kodwa kufuneka igxininiswe into yokuba iyunivesithi inobuncwane (obufihliweyo) bobuchule bokufundisa ezi zakhono zibalulekileyo: oonocwadi. Funda kabanzi apha...

​​

 24 Mei 2022​​​​

  • Teorie-ontwikkeling vir narratiewe van leer en onderrig, vanuit die voorbeeld van Swart vroue se akademiese ervaring
  •   Dr Jean Farmer​​

Opvoedkundige instellings behoort ruimtes te wees waar personeel en studente betrokke kan wees by die opbou en skep van kennis, en die aanpak van kwessies van maatskaplike geregtigheid (Farmer, 2021). Om ʼn ruimte te skep wat bevorderlik vir doeltreffende en verrykte onderrig en leer is, het talle studente en personeel nodig om meer as die woord “welkom” te hoor. Kwalitatiewe studies is nodig om te weet dat nie alle individue ʼn konteks op dieselfde wyse ervaar nie (Ellis, 2007; Johns & Marlin, 2010). Verskille in ondervinding en persepsie sluit kwessies soos selfbewussyn/identiteitsgevoel en gevoel van behoort in, wat alles ʼn rol in die sukses van leer en onderrig speel.

 
Hierdie faktore beïnvloed individue se interaksie binne die institusionele kulturele milieu en kan verhoudings en individuele groei verbeter of belemmer (Farmer, 2021). Om weg te beweeg van ʼn institusionele kultuur waar nie almal welkom voel nie, moet verskille in die onderrig en leer van studente en akademici wat tot universiteite toetree, in ag geneem word (Behari-Leak, 2017). As ongelykheid en verskillende soorte ongemak op meervoudige vlakke in die konteks van die instelling aangepak word, kan dit help om die verskuiwing in die institusionele kultuur teweeg te bring. Personeel wat by onderrig en leer betrokke is, moet dalk hulle rolle en hulle betrokkenheid by diegene waarmee hulle die onderrig- en leerruimtes deel, in oënskou begin neem.

Kritiese besinning oor ons interaksies op verskillende vlakke is ʼn noodsaaklike deel van onderrig en leer, veral waar praktisyns hulle agentskap onder die loep wil neem (Farmer, 2021; Herman, 2015; Kahn et al., 2012). Besinning is nie slegs denke nie; dit behels ook aktief praat, gesprekke voer, skryf en teken.

Ek voer aan dat personeel mag vind dat outo-etnografiese of besinnende aktiwiteit ʼn beduidende rol kan speel in die opbou van hulle portefeuljes om “verby die teorie” in hulle “professionele leer” te beweeg (Leibowitz et al., 2016; Winberg & Pallitt, 2016) en nuwe maniere te leer om hulle studente se denke te betrek. Verskillende besinningsmodusse kan die bevraagtekening van praktyke en interaksies aanmoedig, en beklemtoon dat ons almal die evolusie van hoër opvoeding kan beïnvloed (Farmer, 2021). ​

​​

 12 April 2022​​​​

  • Portefeuljes as ʼn pedagogiese keuse vir assessering as leer: insigte uit ʼn opvoedkundeprogram vir onderwysers
  •   Dr Zelda Barends, Me Agatha Lebethe & Dr Anthea Jacobs​​

Aanbevole leeswerk:​

  • Gravett, S. 2012. Crossing the “Theory-practice Divide”: Learning to Be(come) a Teacher. South African Journal of Childhood Education, 2(2):1-14.
  • Klenowski, V., Askew, S & Carnell, E. 2006. Portfolios for learning, assessment and professional development in higher education. Assessment and Evaluation in Higher Education, 31(3):267-286.
 

  29 Maart 2022​​​​

  • Opvoedkundige tolking as deel van ‘pedagogies verantwoordbare’ onderrig- en leerpraktyke in ’n meertalige universiteitslesing
  •   Dr Carmen Brewis​​

Dr Carmen Brewis beveel hierdie leeswerk aan:​:​

  • Brewis, C. et al. (In press.) Perceptions of educational interpreting at SU: Towards a more informed and supportive interpreting service.
  • Brewis, C. 2017. The value of Actor-Network-Theory as an ethnographic research strategy for the investigation of educational interpreting at Stellenbosch University. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus), vol 53: 3-24.
  • Foster, L. & Cupido, A. (2017). Assessing spoken-language educational interpreting: measuring up and measuring right. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 53:119-132, doi:10.5842/53-0-736.
 

  22 Februarie 2022​​

  • 'n Gay Agenda: Kwellende verpligte heteroseksualiteit in ‘n Suid-Afrikaanse universiteitsklas
  •   Prof Dennis Francis ​​

Prof Dennis Francis beveel hierdie leeswerk aan:​:​

  • Francis, DA. (2021) “And I would ask myself, what's being gay got to do with this anyway?": Constructions of queer subject positions in student's stories, Education, Citizenship and Social Justice; https://doi.org/10.1177/17461979211048670
  • Francis, DA. (2021) A Gay Agenda: Troubling compulsory heterosexuality in a South African University Classroom, Sociology Teaching, 2021;49(3):278-290. doi:10.1177/00​92055X211022472
 

​​​​​​​​​​​​​​​​​