FMHS60
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Fakulteit Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe 60 jaar

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) van die Universiteit Stellenbosch (US) het hul 60ste herdenking in 2016 gevier. Die fakulteit het in 1956 'n nederige totstandkoming gehad op die terrein van die Karl Bremer-hospitaal en het vandaar gegroei na 'n instelling wat bekend is vir die opleiding van uitmuntende gesondheidswerkers en innoverende navorsing wat van die mees dwingende kwessies in ons samelewing aanspreek. Hierdie suksesse is gebou op baie mense se visionêre leierskap, toewyding en harde werk oor 'n aantal dekades.

 

Daar word soms na Tygerberg verwys as die 'Kampus van Kampioene' omdat ons personeel en studente uitblink in aktiwiteite op só baie terreine, van die akademie tot sport, kuns en kultuur. Ons is ook bekend as 'n gemeenskap van individue wat omgee vir mekaar en die samelewing. Ons unieke FGGW Fonds is 'n inisiatief wat beurse en lenings beskikbaarstel aan suksesvolle studente wat finansieel behoeftig is, en nie kwalifiseer vir finansiële ondersteuning uit ander bronne nie (vir meer inligting, besoek www.sun.ac.za/FGGWfonds).

 

Ons sal ons strewe voortsit om leiers en agente vir verandering te kweek wat 'n verskil in Suid-Afrika en die wêreld maak.

​Gons met ons 

 

Deel gerus herinneringe, staaltjies of foto's.
E-pos na fmhs60@sun.ac.za of deel dit op sosiale media met die hutsteken:

#MyTygerMaties60