FMHS60
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe 60 jaar

Nuus

Twee US-studente met L’Oréal-Unesco-toekennings vereerhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10981Twee US-studente met L’Oréal-Unesco-toekennings vereerCorporate Communications and Marketing
Twee uitsonderlike doktorale studente van die Universiteit Stellenbosch (US), Pamela Ncube en Welile Nwamba, is met die prestigeryke L'Oréal-UNESCO For Women in Science Young Talents Sub-Saharan Africa-toekenning vir 2024 vereer.

Hierdie gesogte toekennings, wat die prestasies van vrouewetenskaplikes in Afrika vier, gee erkenning aan hulle baanbrekersnavorsing om kritieke gesondheidsuitdagings op die vasteland aan te spreek.

Die toekennings, wat jaarliks deur die L'Oréal-stigting en Unesco gehou word, laat die kollig op die belangrike bydraes van Afrika-vroue tot wetenskaplike vernuwing val. Vanjaar se 30 wenners, wat uit sowat 800 aansoekers gekies is, sluit 25 PhD-kandidate en vyf postdoktorale navorsers van 15 Afrika-lande in. Hierdie vroue bevorder oplossings vir kwessies soos voedselsekerheid, openbare gesondheid en klimaatveerkragtigheid.

Vanjaar se toekenningsplegtigheid in Cotonou, Benin, was die program se 15de herdenking en het die impak daarvan op die bemagtiging van meer as 240 navorsers regoor die streek sedert die ontstaan daarvan gevier.

Verbetering van TB-opsporing by wild

Ncube, ʼn doktorale student in biologiese wetenskappe aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, het erkenning gekry vir haar baanbrekersnavorsing oor tuberkulose (TB) by wilde diere wat deur Mycobacterium bovis veroorsaak word. Haar studie, die eerste van sy soort, fokus op die uitwerking van hierdie minder bekende patogeen op wild, insluitende spesies soos leeus, vlakvarke en buffels. Deur te verstaan hoe Mycobacterium bovis in verskillende omgewingstoestande reageer, beoog Ncube om nuwe diagnostiese hulpmiddels te ontwikkel om dierewelstand te verbeter, onnodige uitdunning van wild te verminder en bewaringspogings regoor Afrika suid van die Sahara te ondersteun.

Ncube se passie vir biomediese wetenskappe het gedurende haar voorgraadse studies ontstaan toe sy ʼn belangstelling in die fenotipiese aard van mikroörganismes ontwikkel het. Haar werk gaan nie net oor die verbetering van diagnostiek nie, maar ook om die finansiële en ekologiese gevolge van TB-uitbrekings by wild tot die minimum te beperk, verduidelik sy. Sy is gemotiveerd om jong vroue en kinders uit benadeelde agtergronde te inspireer om hulle wetenskaplike drome na te streef.

Ncube het die L'Oréal-Unesco-erkenning beskryf as ʼn getuigskrif van jare se harde werk, akademiese toewyding, navorsing, leierskap en gemeenskapsbetrokkenheid. Sy het haar sukses toegeskryf aan die ondersteunende akademiese omgewing en mentors wat haar deurlopend gehelp het om haar doelwitte te bereik.

“As ʼn vrou in die wetenskap het ek uitdagings soos ʼn gebrek aan selfvertroue en beperkte finansiering ervaar," vertel sy. “Hierdie toekenning dien as ʼn positiewe inspirasie vir jong meisies en vroue wat weens uitdagende omstandighede dikwels ontmoedig voel om hulle drome na te streef."

Innoverende diagnostiek vir ekstrapulmonêre TB

Nwamba, ʼn doktorale student in mediese ingenieurswese aan die US se Kliniese Mikobakteriologie en Epidemiologie-groep, pak die stryd teen ekstrapulmonêre TB aan. Dit is ʼn toestand wat tot 30% van TB-pasiënte in Afrika suid van die Sahara raak. Hierdie vorm van TB word dikwels verkeerd gediagnoseer weens die uiteenlopende simptome daarvan en beperkte diagnostiese hulpbronne in landelike gebiede.

Nwamba se navorsing fokus op die ontwikkeling van ʼn kostedoeltreffende, vinnige urinetoets wat die opsporingsproses vereenvoudig en ʼn toeganklike alternatief vir ingewikkelde molekulêre diagnostiek en beeldingstegnologie bied.

“My vernuwende benadering het ten doel om TB-diagnose te versnel, veral in omgewings met beperkte hulpbronne, en pasiënte se lewensgehalte uiteindelik te verbeter," verduidelik Nwamba. “Wetenskap gaan daaroor om uiteenlopende perspektiewe te bied, hindernisse te oorkom en toekomstige generasies te motiveer."

Sy is verheug en geëerd om met die 2024 L'Oréal-UNESCO-toekenning erken te word. “Dit is 'n wonderlike prestasie en 'n mylpaal in my loopbaan. Dit is 'n beloning van my harde werk en toewyding wat my deursettingsvermoë en passie vir wetenskap bevestig."

Nadat sy gedurende haar eerste jaar op universiteit deur haar dosente geïnspireer is, beoog Nwamba om ʼn navorsingspan te lei wat aan kliniese vordering in die stryd teen TB toegewy is. Haar werk benadruk die transformerende krag van wetenskap om dringende openbare gesondheidsuitdagings aan te pak en tegelyk inklusiwiteit en diversiteit in navorsing te bevorder.

Die breër impak

Dié twee navorsers se prestasies weerspieël die groeiende erkenning van vroue se kardinale rol in die wetenskap. Volgens Unesco verteenwoordig vroue 31,5% van navorsers in Afrika suid van die Sahara. Die L'Oréal-Unesco For Women in Science-program bied nie net finansiële ondersteuning nie, maar rus ontvangers van toekennings ook met leierskap-, kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede toe om sistemiese hindernisse te oorkom en vernuwing te bevorder.

“Deur in wetenskap te belê en voorspraak vir innovasie te doen, kan Afrika-samelewings die volgende generasie bemagtig om dringende omgewings- en gesondheidsuitdagings aan te pak," het Lidia Brito, assistent-direkteur-generaal vir Natuurwetenskappe van Unesco, gesê.

As deel van ʼn wêreldwye inisiatief wat meer as 4 400 vrouenavorsers sedert 1998 ondersteun het, versterk die toekennings die stemme van vroue soos Ncube en Nwamba wat die weg vir ʼn meer inklusiewe en volhoubare toekoms baan.

Die mag van bioinformatika: VEME-werkswinkel maak 'n blywende impakhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10074Die mag van bioinformatika: VEME-werkswinkel maak 'n blywende impakCERI Media and Communication - Maambele Khosa
​Volledige artikel beskikbaar in Afrikaans.

Ontmoet Carmell Pillay: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4477Ontmoet Carmell Pillay: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Carmell Pillay.

Carmell Pillay is ’n eerstejaar B Spraak-,Taal- en Gehoorterapie-student van Durban.

Sy is die eerste kleinkind in haar familie om universiteit toe te gaan en dit was haar ouers wat haar aangespoor het om by die Universiteit Stellenbosch aansoek te doen.

“Ek was aanvanklik skepties om hiereen te kom: Ek is Indies, ek het nie in Kaapstad grootgeword het nie en dit was ver van die huis af. Maar ek het die verandering omarm en het in die proses wonderlike mense ontmoet.”

Sy sê kampuslewe is toe beter as wat sy dit voorgestel het en sy sien uit om deur die loop van haar kursus vaardighede te leer wat sy aan pasiënte kan oordra. “Ek wil mense toerus om hul struikelblokke te kan oorkom,” verduidelik sy.

“Een van die laaste lesse wat my oupa my geleer het, was om alles wat ek doen tot die beste van my vermoë te doen.” En dit is ’n boodskap wat sy ook aan ander wil oordra.

Vinnige vrae:

As jy ’n dier was, wat sou jy wees? “’n Uil. Hulle is kalm, wys en oplettend, maar reg om hul teiken aan te val wanneer dit nodig is.”

Watter boodskap sou jy op ’n advertensebord wou skryf? “Wees die persoon wat jy wil ontmoet.”

Waaraan het jy ’n kleintjie dood? “Stereotipering. Daar steek meer in mense as wat jy sien.”

Lewensleuse? “‘Ons grootste vrees is nie dat ons onbekwaam is nie, maar dat ons magtiger is as wat ons kan dink. Dit is ons lig, en nie ons donkerte nie, waarvoor ons die bangste is.’ Dié aanhaling van Nelson Mandela herinner my dat ons almal gebore is om te straal en dat ons die talente wat ons het moet gebruik, al is ons bang.”

Ontmoet Perfect Mavimbela: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4451Ontmoet Perfect Mavimbela: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Perfect Mavimbela.

Perfect Mavimbela glo in nuwe beginne. “Jou lewe is soos ’n rolprent: jy is die regisseur, jy kies die akteurs en jy kies die tonele. Dis nooit te laat om “Stop” te roep en van voor te begin nie.”

Mavimbela is ’n eerstejaar B Arbeidsterapie (AT) student van Nelspruit en glo ’n mens moet die meeste moet maak van elk van die 24 ure in ’n dag. “Almal het dieselfde hoeveelheid tyd, maar jy kies wat jy daarmee doen.”

Hy het besluit om AT te studeer omdat hy glo dis ’n goeie bymekaarkom-punt van die onderskeie gesondheidsberoepe.

Ná sy pa oorlede is toe hy agt jaar oud was, het sy ma hom en sy sussie alleen grootgemaak en moes sy telke finansiële hindernisse oorkom. “Ek het geleer dat hoe meer druk en pyn ’n mens ervaar, hoe meer groei jy. Ek is al deur baie, maar die pyn smee jou om sterker te wees.”

Hy het groot drome en hoop om eendag in volwasse neurologie te spesialiseer en die letters “PhD” agter sy naam te kan skryf.

“Ek is ambisieus en hardwerkend, maar my dade definieer my beter.”

Vinnige vrae:

Gunsteling TV-karakter? “Sheldon Cooper van Big Bang Theory. Hy is net té cool.”

Wat laat jou lag? “Suid-Afrikaanse komedie soos Thenjiwe Comedy,  Mark Angel Comedy en Kamsiime.”

Gunsteling kos? “My ma se bredie is die beste!”

Lewensleuse? “As dit nie nou is nie, wanneer dan? As dit nie jy is nie, wie?”

Wat is die doel van die lewe? “Om verandering mee te bring.”

Ontmoet Megan Smith: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4446Ontmoet Megan Smith: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Megan Smith.

Megan Smith het groot ambisies, en haar hart is selfs groter. Hoewel sy nou eers ’n eerstejaar Arbeidsterapiestudent aan die Universiteit Stellenbosch is, droom sy om eendag aan die hoof te staan van ’n organisasie soos LIV Village in KwaZulu-Natal, ’n projek wat behuising en sorg aan weeskinders bied. “Ek wil my vaardighede en kennis gebruik om die lewens van dié kinders te verander,” verduidelik sy.

Smith sê sy het op haar studierigting besluit omdat sy passievol daaroor is om ander te help en ’n positiewe verskil te maak, veral in Suid-Afrika. Sy sê haar Afrikaanse hoërskoolonderwyseres, wat moes probeer om ’n liefde vir Afrikaanse literatuur by ’n groep Englese meisies van KZN te kweek, was vir haar bewyse dat enigiets moontlik is deur passievol daaroor te wees en deursettingsvermoë te hê.

Haar lewensleuse som haar positiewe ingesteldheid goed op: “Elke dag, op elke manier, raak dinge net beter en beter.”

Het jy geweet…

Sy hou van met woorde werk, en skryf graag gedigte

Sy kan lekker bak en een van haar spesialiteite is haar ouma se vanielje-koek met ’n kinkel - sy vul dit met nougat!

Die mees waardevolle les wat sy al in haar lewe geleer het, is om nooit op te gee nie. “My pa het my geleer om deur die storm te ry, en nie rond te staan en te wag tot dit verby is nie.”

Sy spandeer daagliks tussen ses en nege ure agter die boeke.

Haar beste gewoonte is om daagliks ’n lysie te maak van alles wat sy moet doen. Haar slegste is dat sy nooit haar truie ordentelik opvou nie.

Sy is mal oor honde.

Ontmoet Dudu Kasonkola: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4436Ontmoet Dudu Kasonkola: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Dudu Kasonkola.

Toe Dudu Kasonkola van Pretoria Girls High die beste punte in Gauteng behaal het vir wiskunde, is sy ’n beurs aangebied om by enige universiteit te studeer. “Ek het die Universiteit Stelllenbosch gekies.” Sy is tans besig om haar eerste jaar as MB,ChB-student op die Tygerberg-kampus te voltooi.

“Ek dink dit was hoe God wou hê dinge moes uitwerk,” verduidelik sy hoekom sy dié kursus gekies het.

Sy sê onsekerheid in diagnosering is die grootste uitdaging wat dokters mee moet werk. “Elke persoon is so uniek geskep dat ’n generiese sambreel-behandeling nie altyd sin maak nie. Soms klop die simptome net nie.”

Oor 10 jaar sal sy graag wil besig wees om van land tot land in verskillende dele van Afrika te werk. “Ek wil ’n verskil maak in omgewingsake en ook mense bemagtig om gesondheid in hul eie hande te neem in die omstandighede waarin hulle hulself bevind.”

Kasonkola maak ook graag voorspraak vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie en praat veral baie oor die kwynende boom getalle.

Sy het oor die jare geleer dat niemand haar heeltemal so goed verstaan soos haar familie nie, en sê hulle dien ook as haar grootste motivering om te presteer. “Ek wil hê die vrugte wat ek dra moet waardig wees van die opofferinge wat hulle gemaak het.”

Het jy geweet…

Sy is ’n vegetariër. “Ek het geleer om heerlike toevou-broodjies met interessante groentevulsels te maak.”

Haar beste gewoonte is om vreemdelinge te groet.

Haar slegste is die hoeveelheid koffie wat sy drink.

Die laaste boek wat sy gelees het, was The Famished Road deur Ben Okri.

Sy kan nie leer as haar rug na die deur gekeer is nie.

Ontmoet Sarah Bosch: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4434Ontmoet Sarah Bosch: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Sarah Bosch.

Sarah Bosch wil in die voetspore van haar pa volg. “Hy is ’n algemene praktisyn wat gespesialiseer het in in familie medisyne,” vertel die Bredasdorp-inboorling. Haar broer is ook tans ’n sesdejaar mediese student by die Universiteit Stellenbosch se Tygebergkampus.

Bosch het reeds in graad 8 besluit dat sy ook wil dokter word om mense te kan help. Haar ouer suster, wat verstandelik gestremd is, was ook een van die redes hoekom sy op ’n MB,Chb-graad besluit het.

“Ek het baie by haar geleer oor empatie, omgee, verantwoordelik en om die goeie in elke situasie raak te sien.”

Sy besef egter dat die loopbaan wat sy vir haarself gekies het baie persoonlike uitdagings sal stel. “Jy werk harde ure, sien jou familie min, en daar word van jou verwag om meer van jouself te gee as wat jy terug kan verwag, en jy het ’n baie groot verantwoordelikheid.”

Sover geniet sy haar studies, en sê veral die tweede semester was lekker “omdat die werk gaan oor wat ek eintlik wil doen eendag”. Sy sien uit daarna om te leer hoe om ’n drup op te sit.

Het jy geweet…

As sy ’n dier kon wees, sou sy ’n pikkewyn kies. “Dis my gunsteling dier.”

As sy iets op ’n advertensiebord kon skryf, sou dit wees: “Die wêreld het nodig wat jy het.”

Haar gunsteling kos is haar ma se macaroni-en-kaas.

Haar beste eienskap is dat sy baie lag. “Veral vir myself.”

Haar boodskap aan die kampus is: “Onthou om die beste te maak van jou geleenthede.”

Ontmoet Lindokuhle Mazibuko: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4417Ontmoet Lindokuhle Mazibuko: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Lindokuhle Mazibuko.

Lindokuhle Mazibuko het nege onderskeidings behaal in matriek. Hy kan 11 musiekinstrumente bespeel en wil eendag onthou word as die dokter wat die suksesvolle behandeling van MIV/Vigs ontdek het.

Wanneer hy sy MB,ChB-graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het, wil hy in virologie en neurochirurgie spesialiseer by Harvard Universiteit in die VSA.

“Ek het geleer dat harde werk die sleutel is,” verklap hy die belangrikste les wat hy tot dusver in sy lewe geleer het. “Ek glo nie in kortpaaie nie."

Mazibuko, ’n eerstejaarstudent van Bergville in KwaZulu-Natal, is nou ’n Huis Kerkenberg-inwoner. Hy sê hy het ’n mediese rigting gekies, omdat hy lewens wil verander en wil onthou word in die geskiedenisboeke.

Hy beskryf homself as nuuskierig en sê hy bevraagteken bykans alles. “Ek glo in myself en diegene wat rondom my is. Ek glo ook dat ek spesiaal is in God se oë en dat ek beskore is vir groot dinge.”

Mazibuko sê die aanpassings as eerstejaar op kampus was moeilik, omdat dit ’n nuwe omgewing is en hy van voor af moes leer hoe om te oorleef en te leer, veral met betrekking tot die akademiese uitdagings. Die ‘vaardigheid’ wat hy die graagste wil baasraak tydens sy studies, is deursettingsvermoë.

“'Ayikho inkomo yobuthongo.' Dis ’n Zoeloe gesegde wat beteken ‘geen ongemak, geen gewin’.”

Vinnige vrae:

Gunsteling kos? “'Jeqe noBhontshisi' (gestoomde brood en bone).”

Boodskap aan die kampus? “Moet nooit vergeet waarvandaan jy kom, waar jy is en waarheen jy op pad is nie.”

YouTube of Instagram? “Khan Acadamy (op YouTube).”

Beste gewoonte? “Ek lees baie oor MIV.”

Slegste gewoonte? “Slaap.”

Ontmoet Priya Pillay: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4404Ontmoet Priya Pillay: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Priya Pillay.

As dit nie vir haar ouers en grootouers se harde werk was nie, sou Priya Pillay nie vandag ’n eerstejaar Mb,ChB-student aan die Unversiteit Stellenbosch kon wees nie.

“Hulle moes deur moeilike tye gaan om na hulself om te sien en hulself op te voed. My grootouers het met niks begin nie, maar tog die belangrikheid van opvoeding besef en as gevolg daarvan vir my ouers ’n toekoms kon gee, wat nou na my toe oorgedra is.”

Hulle werksetiek is ook oorgeërf en Pillay, wat met ses onderskeidings matrikuleer het van St. Dunstan’s College in Benoni, sê sy studeer elke dag tussen vyf en sewe ure. “Moenie die dae tel nie, maar laat die dae tel,” is haar lewensleuse.

Pillay is geïnteresseerd daarin om die menslike liggaam te kan behandel  en “reg te maak”, maar hoop om eendag nie net fisieke wonde te kan genees nie, maar ook die wonde in die samelewing te help genees.

Sy beskryf haarself as ’n “oopkop siele-soeker”, op die pad na geluk en sê sy is geïnspireerd deur die menigte geleenthede wat in die moderne wêreld beskikbaar is, gretig om daarvan gebruik te maak.

“Die doel van die lewe is om dit te vind waarvoor jy lief is en dit dan goed te doen sodat jy ander mense se lewes positief kan beïnvloed.”

Vinnige vrae:

Beste tydsbestuurwenk? “Beperk sosiale media- en selfoongebruik en skakel jou data af as jy besig is om ’n taak te probeer voltooi.”

Kan jy bak of kook? “Ja (beide).”

Wat is jou spesialiteitsgereg(te)? “Gevulde marinara mozzarella en spinasiehoender, en rooswater roomskuimkoek.”

Boodskap vir die kampus? “In moeilike tye moet ons saamstaan en mekaar ondersteun.”

Ontmoet Cathanja Slabbert: #MyTygerMaties60http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=4403Ontmoet Cathanja Slabbert: #MyTygerMaties60FMHS Marketing & Communications
​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Cathanja Slabbert.

Cathanja Slabbert glo meer mense moet met energie lewe en waarsku volwassenes om nie die jeug se lus vir die lewe te blus nie. “As hulle opgewonde is oor iets, laat hulle opgewonde wees. Moet hulle ook nie negatief maak oor ons land se toekoms nie – negatiewe mense gaan nie ’n verskil maak nie.”

Slabbert, ’n eerstejaar MB,ChB-student aan die Universiteit Stellenbosch, sien haarself as iemand met hope energie en glo nie daarin om ongelukkig of ondankbaar te wees nie. “Glimlag, want die lewe is lekker,” is een van haar lewensleuses.

Slabbert was hoofmeisie van Bloemhof Hoërskool in Stellenbosch en het ook Westelike Provinsie-kleure in atletiek verower tydens haar skoolloopbaan. Sy is steeds baie aktief en vertel dat sy amper elke dag oefen. “As jy eers jou ritme vind is dit maklik om daarby te hou.”

Haar sport het haar ook die waarde van toewyding geleer: “Harde werk wen talent elke keer.”

Het jy geweet…

Sy sal graag eendag op ’n plesierboot wil werk as ’n skeepsdokter sodat sy die wêreld kan verken terywl sy haar passie uitleef. “Ná dit sal ek vir ’n jaar in Afrika wil gaan werk en dan terugkeer Suid-Afrika toe.”

Sy is mal oor roomys en biltong.

Taylor Swift en Justin Bieber is haar gunsteling kunstenaars.

Sy het by haar pa, ook ’n oud-Matie en dokter, geleer dat goeie beplanning goud werd is. Sy glo daarin om elke dag ook ’n tydjie uit te sit vir onbeplande gebeure soos iemand wat kom inloer vir ’n koppie tee.