Herberekening van punte | Herevaluering van antwoordstelle
Studente word sterk aangeraai om hul antwoordstelle noukeurig na te gaan voordat hulle aansoek doen vir die herberekening van final punte of herevaluering van antwoordstelle. Raadpleeg afdeling 8 op bladsy 49 van die
Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Reëls) vir inligting oor die aansoekprosedures.
-
Bespreek jou voorneme om aansoek te doen vir die herberekening van 'n finale punt met jou fakulteitsadministrateur. Verwys na paragraaf 8.2 in die
Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Reëls)
-
Studente kan slegs aansoek doen vir die herevaluering van 'n antwoordstel nadat 'n A3 assessering afgelê is. Die herevaluering van antwoordstelle is slegs op finale punte (A2 en A3) van toepassing.
- Die skakel na die aansoekvorm en betalingsprosedures vir die herevaluering van A2- en A3-antwoordstelle sal voor die volgende rondte herevaluerings gedurende die eerste weke van die tweede semester op hierdie webblad beskikbaar wees.