Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

A2-rooster en assesseringslokale 

Verwys asseblief na die SUNStudent-portaal vir jou assesseringsrooster en lokaalinligting vir die A2-assesseringstydperk van 19 Mei May — 10 Junie 2025. Gee die registrasieblad kans om ten volle te laai voordat jy probeer om jou assesseringsrooster oop te maak. Studente wat nie hul assesseringsroosters en -lokale op hul persoonlike profiele op SUNStudent kan sien nie, kan die inligting nagaan op die PDF-weergawe van die A2-assesseringsrooster. Let daarop dat jy moet afblaai tot by die datum van jou assessering om die verwante inligting te vind. 

Konsessielokale

Studente met konsessies moet asseblief met die Kliëntedienssentrum in verbinding tree vir inligting oor konsessielokale: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Verskaf asseblief jou studentenommer wanneer jy navraag doen. Vanweë die konstruksie in Admin A, het die Kliëntedienssentrum tydelik na die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat verskuif.