AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB)

Die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB) spesialiseer in die karakterisering en manipulasie van primêre koolstofmetabolisme in plante. Die uiteindelike doel is om die relevante metaboliese weë te manipuleer ten einde verhoogde opbrengs en/of kwaliteit van nuwe hoë-waarde plantprodukte te verkry. Sommige projekte is daarop gemik om die koolstofverdeling in die verskeie plantorgane, soos suikerrietstamme, druiwekorrels en aartappelknolle, geneties te manipuleer. Die benadering van die Instituut is om eers 'n beter begrip van die beheer van koolhidraatmetabolisme in hierdie belangrike weefsels te verkry en dan om die klaarblyklike sleutelensieme geneties te manipuleer om die effek van die modifikasies op hul metaboliese vloei te ondersoek. Behalwe vir die werk met betrekking tot die verdeling van endogene komponente, fokus die Instituut ook op die verbetering van hierdie komponente en die insluiting van volkome nuwe komponente. Die IPB het onder andere as deel van verskeie internasionale projekte transgeniese plante ontwikkel wat nuwe, hoë-kwaliteit produkte lewer, bv. neutraseutiese en farmaseutiese produkte of bio-polimere vir industriële gebruike. Die IPB probeer ook om plantgroei in terme van die reaksie daarvan op abiotiese stresfaktore te verstaan om sodoende plante te teel of geneties te manipuleer sodat hulle meer produktief is en laer insette benodig.​

​Visit our site

​​Find out more at the Institute for Plant Biotechnology (IPB) website​​