Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

 

Die Departement Bos- en Houtkunde is spesifiek getaak met die bevordering van Bos- en Houtkunde deur middel van basiese en toegepaste navorsing, onderrig op voorgraadse en nagraadse vlak, asook deur uitreiking na die gemeenskap in Suid-Afrika.

Die departement het sy oorspronklike mandaat versterk en is 'n erkende internasionale leier in hierdie verband. Onderrig, navorsing en ontwikkelingdienste word gelewer om 'n breë spektrum van belanghebbendes, plaaslik sowel as internasionaal, te betrek.  Dit sluit in die Suid-Afrikaanse en internasionale kommersiële bosbousektor, die regering en ander openbare bosbouvertakkings, nie-regeringsorganisasies en die gemeenskap.  Die  departement het 'n klein span van toegewyde dosente en navorsers wat  ondersteun word deur kundige en ervare tegniese en administratiewe personeel.

Die Departement se voorspoed lê in die feit dat dit die enigste tersiêre onderwysinstelling in Suid-Afrika is wat opleiding op BSc, MSc en PhD vlakke in beide Bos-en Natuurlikehulpbronwetenskap en Houtprodukkunde voorsien. Die teenwoordigheid van hierdie twee groot dissiplines onder een dak  stel die Departement in staat om die volle bosbou waardeketting aan te spreek, van die bosvestiging en boskultuur, bosbestuur, oes en vervoer en bosbou-ekonomie, na sekondêre verwerking vir houtstrukture, saamgestelde materiale, bio-energie en ander produkte van toegevoegde waarde.