Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

SFSA

Stellenbosch Bosbou Studente Assosiasie​​​ (SFSA)

Die SFSA is die Akademiese Studentevereniging van die Departement van die Bosbou en Houtwetenskappe, verbonde aan  die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Die vereniging streef daarna om opvoedkundige, sosiale en kulturele, maar pret aktiwiteite vir studente en personeel van die departement deur die jaar te verskaf ten einde studentebewustheid en betrokkenheid by die huidige kwessies met betrekking tot die Bosbou en Houtprodukkunde bedryf nasionaal en internasionaal te bevorder.

Die vereniging bied 'n aangename atmosfeer aan voor- en nagraadse studente, sowel as 'n oop platform vir navrae en idees vanaf alle lede. Die vereniging is geaffilieer by die Internasionale Bosbou Studente Vereniging asook die AgriWetenskappe Studente Assosiasie en gee aan studente die geleentheid om deel te neem aan fakulteitgebeure by die universiteit, maar het ook 'n breër siening van gebeure in Bosbou onderwys op internasionale vlak.

Volg ons op Facebook​.
Epos SFSA