Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departementele Fokuspunte

Kliek op sleutelwoorde vir meer inligting​

Wetenskaplike werk by die Departement Bos- en Houtkunde (DBH) word gekenmerk deur 'n gesonde mengsel van basiese en toegepaste navorsing. Om te lewer op hierdie mandaat moet die DBH gereeld sy stragiese fokus hersien om gebiede van nuwe ontwikkeling en navorsing aan te spreek en op hoogte te bly van die veranderende sosiale behoeftes van die omgewing.  Die DBH bly verbind tot die opbou van sy reputasie as verskaffer van kwaliteit navorsing deur die hele waardeketting, plaaslik sowel as internationaal.  As sodanig is die volgende vyf navorsing fokuspunte geïdentifiseer.

​Presisie Bosbou

Presisie Bosbou (PB) maak voorsiening vir bykomende, voldoende kwaliteit inligting oor bosse en die vervaardiging van bosprodukte. Dit fasiliteer die beplanning en terreinspesifieke bos- en operasionele bestuur om houtkwaliteit van die produk en benutting te verbeter, om afval te verminder en winste te verhoog. PB maak gebruik van belangrike tegnologieë soos GPS / GIS / AW, wat outomatiese datavaslegging, opspoor en navigasie stelsels insluit. Die gebruik van georuimtelike inligting word dus aangewend in die bosbestuur, beplanning asook gebied-spesifieke boskultuur. Die behoefte aan presisie bosbou is nie meer 'n keuse in die bestuur van woude en die vervaardiging van bosprodukte nie. Gedryf deur beide die toenemende dringendheid oor die beskerming van die natuurlike boshulpbronne en die ekonomiese behoefte om bosprodukte ten volle te benut, benodig professionele bosbouers en produk bestuurders voortdurend akkurate inligting oor bos- en bosprodukte.

 

Houtgehalte vanaf plant tot produk

Houtgehalte is waarskynlik die mees noodsaaklikste maar mees gekompliseerde aspek van die waardeketting van houtproduksie.  ʼn Optimale en effektiewe bestuur van die ketting op toegevoegde waarde en sy individuele skakels is slegs moontlik met 'n deeglike kennis van die faktore wat die eienskappe van hout  tydens boomgroei, ontginning, berging, droog en verwerking beïnvloed, asook die proses van gehaltebepaling.  Dit vereis 'n holistiese benadering wat poog om die enkele stappe van produksie en die invloed op mekaar te verstaan en om die meer belangrike stappe van die waardeketting, wat deur bestuur beïnvloed kan word, te identifiseer. Dit sluit in modellering, simulasie en nuwe metodes van houtgehalte bepaling en die toets van meganiese, chemiese en fisiese houteienskappe om sodoende die invloed van houteienskapppe dwarsdeur die toegevoegde waardeketting van houtproduksie te verstaan en te optimaliseer.

 

 

Geboue is verantwoordelik vir sowat 33% van die globale menslike koolstofdioksied emissies. Verder behels die konstruksie en gebruik van geboue hoë energieverbruik, omgewingsbesoedeling en die uitputting van natuurlike hulpbronne. Met die oog op verhoogde verstedeliking sal gekyk moet word na meer omgewingsvriendelike metodes van ontwikkeling. Hout speel hier 'n belangrike rol aangesien talle studies reeds getoon het dat houtgebaseerde konstruksies laer omgewingsimpak het in terme van energieverbruik, kweekhuisgasvrystellings, lugbesoedeling, waterbesoedeling en soliede afval produksie as tradisionele konstruksiemetodes. Afgesien van die meting van die volhoubaarheid van boumateriaal en prosesse deur middel van lewensiklus analises, is daar ook 'n groot behoefte aan nuwe en verbeterde boumateriaal, insluitend produkte met lae koolstof vrystelling, anorganiese en bio-gebaseerde houtprodukte , sowel as hout-plastiek produkte wat ontwikkel word van omgewingsvriendelike volhoubare materiale soos hout.

 

 

Suider-Afrika het alreeds 'n komplekse biofisiese en klimaatsomgewing en om dit te vererger is daar 'n hele paar verskynsels soos klimaatsverandering, die El Niño-Suidelike Ossillasie (ENSO), komplekse brandpatrone, nuwe peste en siektes en bykomende druk van 'n toenemende bevolking wat uitgebreide sosio-politieke verandering ondergaan. In hierdie milieu, is dit noodsaaklik om te fokus op volhoubare bestuursmetodes wat  bospraktyke meer bestand en aanpasbaar maak. Beboste areas moet dienste verskaf soos werksgeleenthede en houtprodukte, maar ook n positiewe bydrae maak tot die ekostelsel so uiteenlopend soos koolstofsekwestrasie en ontspanningsgeriewe. In 'n droë land moet hernubare produkte uit bosse kom met 'n hoër doeltreffendheid van watergebruik en uiteenlopende grondgebruik. Om werklik volhoubaar te bly is dit noodsaaklik dat alle bos bestuurstelsels fundamentele stelselkomponente, soos grondbewaring, voedingstofkringloop stelsels en biologiese diversiteit insluit. Ongeag hul aanwending in natuurlike of plantasie woude, sal toekomstige bosbouers aanpasbare en weerbare bosstelsels moet ontwerp, bestuur en onderhou.

 

Bosbou ondernemings, produkte en markte

 "Hout is goud" is 'n toenemend gewilde boodskap onder diegene bekommerd oor ons impak op die planeet en toekomstige volhoubaarheid. Dit word beskou as 'n volhoubare bio-energie bron, boumateriaal en bestanddeel in baie industriële prosesse en produkte wat verkoop kan word in 'n toenemende wêreldbevolking. Nuwe en innoverende gebruike van hout bevorder die ontwikkeling van produkte en markte wat nie 20 jaar gelede bestaan het nie, soos nano-sellulose en ander produkte wat op toegevoegde waarde verkry word deur Bio-raffineerdery. Navorsing oor die  vooruitgang en lewensvatbaarheid van sulke produkte vanuit 'n tegniese, operasionele en finansiële oogpunt vorm die kern van hierdie fokusarea. Studie is nie net gefokus op nuwe hout gebaseerde produkte nie, maar ook om hierdie produkte te koppel aan die waardeketting van bestaande markte om sodoende produksie en produktiwiteit te verbeter.