Integrated Pest Management Initiative
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kontrak navorsing

 

Deur gebruik te maak van in-huis kennis en die mees gevorderde groei- en laboratorium fasiliteite, kan die GPB Inisiatief op aanvraag ad hoc kontrak navorsing uitvoer vir die privaat sektor. Ons kan sekere insekte groei en verskaf, wetenskaplike raad gee oor eksperimente en data-analise asook eksperimentele proewe uitvoer om kommersiële navorsingsvrae te beantwoord. Data kan wetenskaplik ontleed word​ en deurgegee word aan die kliënt in 'n gebruikers-vriendelike manier.

Die basis van die meeste van Pest Diagnostics se kontrak navorsing is die onderhoud van insek kolonies en toegang tot insektariums en gespesialiseerde toerusting vir die toets van insekte (bv. olfactometers). Potensiële temas vir kontrak navorsingsprojekte sluit in: 


Weerstand toetse om te bepaal of insekte wat in die veld versamel is weerstand ontwikkel het teen sekere chemiese insekdoders. Hierdie is ‘n groot bekommernis vir beide produsente en chemiese maatskappye aangesien dit die doeltreffendheid van chemiese beheermaatreëls om lae insek populasies te behou, ernstig kan belemmer. 


Bio-proewe om produkte te toets in die laboratorium of op kleinskaalse veld toestande om die sterftes van teiken en nie-teiken insekte te bepaal wanneer hul blootgestel word aan sekere toestande of produkte.


Gedrag studies kan “keuse toetse” insluit, waar die studie organismes ‘n keuse gegee word van produkte (bv. lokaas of lokmiddels) en hul voorkeure en reaksies kwantitatief geassesseer word.



**NEEM ASB KENNIS: DIE GPB INISIATIEF IS NIE GELISENSIEËR OM 

SPESIFIEKE BEHEER ADVIES TE VERSKAF NIE.**


Vir meer inligting, kontak asseblief:​

Dr. Pia Addison <pia@sun.ac.za> 021-808-4671