Integrated Pest Management Initiative
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor ons

Die GPB Inisiatief is 'n afdeling van die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie wat spesifiek fokus op die navorsing van onderwerpe wat te doen het met Geïntegreerde Plaagbestuur (GPB).

 

Om te kan reageer op die behoeftes van die industrie, handhaaf die GPB Inisiatief sterk bande en goeie kommunikasie met vele belangrike industrie vennote, soos Hortgro, Winetech en die Landbou Navorsingsraad, sowel as vele privaat industrie vennote.

 

Akademiese navorsing word uitgevoer deur voltydse personeel, postdoktorale navorsers, MSc studente sowel as PhD studente wat opgelei word vir loopbane in GPB en terselfdertyd bydra tot ons kennis van die volhoubare beheer van insekplae.

 

Bo en behalwe navorsing bied die GPB Inisiatief ook 'n aantal dienste aan die industrie. Hierdie sluit in:

 Identifisering van insekte

Plaag monitering

Kontrak navorsing en konsultasies

Beplanning van werkswinkels opleidingsessies

Gedrukte materiaal in die vorm van plakkate en inligtingblaaie oor insekplae

 

Vir navrae oor onderrig en leer geleenthede, dienste of produkte, kontak asseblief:

Dr. Corey Bazelet cbazelet@sun.ac.za 021-808-9600.

BFW Johnson 300x300.jpgCloniocerus kraussi Addison 300x300.jpgWhite scale on pear Bazelet 300x300.jpg