Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse studie


​Die Departement Wingerd- en Wynkunde bied nagraadse programme in Wingerdkunde, Wynkunde en Wynbiotegnologie aan as volg:

  • MSc of MScAgric
  • PhD
  • DSc

878  MSc of MScAgric (Voedsel- en Wynproduksiestelsels)

Die Magister programme in Voedsel- en Wynproduksiestelsels lei tot een van die volgende kwalifikasies:  MScAgric (Wynkunde), MScAgric (Wingerdkunde), MSc (Wynbiotegnologie of Voedselwetenskap).

33103 878 MScAgric in Wynkunde

Program beskrywing

Onderwerpe vir die magistergraad word in oorleg met die betrokke dosent vir elke voornemende student bepaal. 'n Navorsingsonderwerp kan uit die volgende temas gekies word: wynmikrobiologie; wynchemie; analitiese metode ontwikkeling, en sensoriese metodiek en analises.  'n Verdere doelwit is die verdieping van vakkundige kennis deur selfstudie.

33103 : Wynkunde878(180): Magistertesis


33081 878 MScAgric in Wingerdkunde

Program beskrywing

Onderwerpe vir die magistergraad word in oorleg met die betrokke dosent vir elke voornemende student bepaal.  'n Navorsingsonderwerp kan uit die volgende temas gekies word: molekulêre aspekte van kernprosesse in druifplante; gevorderde wingerdfisiologie; klimaatsverandering; ontleding van ruimtelike patrone; korrelrypwording en tafeldruiwe.  'n Verdere doelwit is die verdieping van vakkundige kennis deur selfstudie.

33081 : Wingerdkunde878(180): Magistertesis


50997 878 MSc of MScAgric in Wynbiotegnologie

Program beskrywing

Navorsingsprojekte kan uit die volgende temas gekies word:  Die seleksie en genetiese verbetering van wyngiste en -bakterieë ten einde die doeltreffendheid van wynfermentasies en-prosessering te verhoog, en om die heilsaamheid en sensoriese eienskappe van wyn en ander druifgebaseerde dranke te verbeter; die metaboliese herprogrammering van giste; die rol van transkripsiefaktore en seintransduksie in seldifferensiasie; genetiese verbetering van wyndruifkultivars ten opsigte van siekteweerstand en stresbestandheid.

50997: Wynbiotegnologie878(180): Magistertesis


978   PhD (Voedsel- en Wynproduksiestelsels)

Program beskrywing

Dié program lei tot een van die volgende kwalifikasies: PhD (rigtings Wynkunde, Wingerdkunde  of Wynbiotegnologie) of PhD (Voedselwet). Die program konsentreer op navorsing in die verskillende spesialiteitsgebiede van Voedsel- en Wynproduksiestelsels en lewer vakspesialiste in die rigtings voedselwetenskap, wynkunde, wingerdkunde, wingerdbiotegnologie en wynbiotegnologie. Vir elke studieveld word ʼn relevante en praktykgerigte navorsingsprojek  gekies wat die student in kontak met die bedryf bring, tot probleemoplossing in die betrokke bedryf lei en die student toerus om in ʼn afgeronde vorm tot die navorsings- of beroepsmark toe te tree. Die program dra op ʼn hoë vlak by tot navorsing in die Fakulteit AgriWetenskappe se navorsingsprofiel en lewer professionele mense wat nasionaal en internasionaal in spanverband ʼn betekenisvolle navorsings-, onderrig- en beleid makende rol in spesialiteitsvelde van volhoubarevoedselproduksie en -sekuriteit op ʼn omgewingsvriendelike wyse kan speel.

33103 : Wynkunde

978(360): Doktorale proefskrif

33081 : Wingerdkunde

978(360): Doktorale proefskrif

​50997 : Wynbiotegnologie

978(360):  Doktorale proefskrif


998   DSc (Voedsel- en Wynproduksiestelsels)

Program beskrywing

Die graad DSc word toegeken aan kandidate wat minstens vyf jaar in besit is van onderskeidelik  die PhD, PhD (Agric) of die PhD (Voedselwet) van hierdie Universiteit of van ʼn ander kwalifikasie wat na die oordeel va n die Senaat voldoende is, of vir minstens sewe jaar in besit is van die MSc, MScAgric of MScVoedselwet van hierdie Universiteit of van ʼn ander kwalifikasie wat na die oordeel van die Senaat voldoende is, gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk in die Landbouwetenskappe of Voedselwetenskap gelewer het, oorspronklike en reeds gepubliseerde werk(e) van ʼn hoë standaard ingelewer het wat na die oordeel van die Senaat toon dat die kandidaat ʼn wesenlike en hoogstaande bydrae tot die verryking van die kennis van die Landbouwetenskappe of Voedselwetenskap gelewer het en ʼn mondelinge eksamen, indien die eksaminatore dit vereis, ten genoeë van die Universiteit afgelê het.

.

33103 : Wynkunde

998(360): DSc-navorsingsbundel

33081 : Wingerdkunde

998(360): DSc-navorsingsbundel

​50997:  Wynbiotegnologie
998(360): DSc-navorsingsbundel