Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Programme

Voorgraadse opleiding

Die Universiteit Stellenbosch is die enigste universiteit in Suid-Afrika waar programme in Wingerd- en Wynkunde aangebied word. Die vierjarige BScAgric-program word op die hoofkampus op Stellenbosch aangebied. Die DWW bied ‘n vierjarige professionele BScAgric-program in Wingerd- en Wynkunde (Algemeen) of Wynkunde (Gespesialiseerd) aan, asook ander opsies.  Die program het ‘n sterk wetenskaplike fokus en studente ontvang dus ‘n stewige wetenskapfondasie in hul eerstejaar. Daar is ook ‘n sterk fokus op die praktyk vanaf hul tweedejaar; hulle fokus op wynbereiding in hul derdejaar en studente spandeer ses maande in hul vierdejaar aan diensleer in die bedryf. Wynwaardering en die wetenskaplike analise van sensoriese divisersiteit van wyne is ‘n sterk fokuspunt van die program, net soos praktiese blootstelling aan die plaaslike handel en die studie van die plaaslike en internasionale wynmarkte in die tweedejaar. Studente spandeer baie tyd in die veld en kelder gedurende hul derdejaar en word blootgestel aan die uitdagings wat wingerdkundiges en wynmakers mee te doene kry, veral ook tydens die ses maande internskap in hul finalejaar diensleerperiode in die bedryf). Studente word ook blootgestel aan navorsingsmetodologie as deel van hul internskap met projekte wat interresante en relevante aspekte in wingerd-en wynkunde aanspreek. Na die voltooiing van die vierjarige graadprogram sal ‘n student as beide ‘n wingerdkundige en wynmaker gekwalifiseer wees. Daar is verder ‘n sterk fokus op professionele ontwikkeling in die kursus.​​​​

Nagraadse opleiding

Die DWW bied nagraadse programme in Wingerd- en Wynkunde om die volgende grade te behaal: MScAgric, PhD en DSc. Die kursusse bestaan uit formele lesings, seminare, selfstudie en eksperimentele werk.