Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Eienskappe van 'n Graduandi

​​

Om hieraan te voldoen, openbaar ons gegradueerdes die volgende professionele eienskappe:

Kennis

  • Besit die nodige kennis van die toepaslike wetenskappe en verstaan die interaksie tussen die biologiese   en   abiotiese   faktore   in   die   omgewing   en   die   basiese   beginsels   van navorsingsmetodiek.
  • Beskik oor die vermoë om nuwe kennis te skep, idees te genereer en innoverend op te tree.
  • Beskik oor die vermoë om doeltreffend in ʼn interdissiplinêre omgewing te kan funksioneer.
  • Verstaan volhoubare ontwikkeling en volhoubare hulpbronbestuur.
  • Neem kundige besluite op bewese inligting.
  • Volg ʼn sisteembenadering by die ontleding van en benadering tot omgewingsproblematiek.

Houding en gesindhede

  • Toon respek vir die omgewing en vir die gebruikers daarvan.
  • Erken eie beperkings van kennis en vaardighede.
  • Het ʼn positiewe ingesteldheid tot voortdurende professionele ontwikkeling.
  • Is betrokke en diensbaar binne die breë gemeenskap.
  • Stel ʼn positiewe voorbeeld ten opsigte van sosiale verantwoordelikhede en verpligtinge.
  • Aanvaar en streef na die hoogste kennisstandaarde.

Vaardighede

  • Besit die vermoë om relevante kennis te versamel, te integreer, te interpreteer en toe te pas en om probleemoplossend te dink en op te tree.
  • Kommunikeer doeltreffend met rolspelers uit verskillende omgewings en agtergronde.
  • Besit  voldoende  vaardighede  om  selfstandig  en  in  spanverband  as  wetenskaplikes  te funksioneer.
  • Kan toepaslike vakliteratuur interpreteer en benut.
  • Besit die vermoë om toepaslike hulpbronne en -middels binne werksverband doeltreffend te benut.