Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsings- en Fokus areas



Die hoofdoel van die navorsing binne die DWW is om ‘n bydrae te maak tot die Suid-Afrikaanse industrie om hoë gehalte wyn- en wingerdprod,ukte met behulp van omgewingsvriendelike tegnologie, in die mees koste-effektiefste wyse te produseer.   Om industrie-gekoppelde navorsing in die industrie te implementeer deur middel van tegnologie oordragte.

.​​

Wingerdkunde

Wingerdverbouing en -klimaat

Dr Albert Strever

Plantbestuur en afstandswaarneming; Wingerdfisiologie

Wingerdverbouing (Tafeldruif)
Me Eunice Avenant

Wingerdboukundige aspekte van tafeldruifverbouing (onderstokke, dormansiebestuur, plant bioreguleerders);  Watergebruik-effektiwiteit

Ekofisiologie van korrelrypwording
Me Erna BlancquaertKorrelgroei, -samestelling en-kwaliteit
​Presisie Wingerdkunde​Dr Carlos Poblete-Echeverria

Modellering van waterverbruik, stresopsporing, ontwikkeling van nuwe rekenaar- en tegnologiese hulpmiddels vir presiese wingerdbou. Bestudering van die impak van klimaatsverandering op wingerdverbouing.

 


Wynkunde

Wynmikrobiologie

Prof Maret du Toit

Prof Florian Bauer

Appelmelksuurgisting se rol in wynbereiding. Mikrobiese bederf van wyn.

Gis, alkoholiese gisting, aromaproduksie

Wyn Chemie

Prof Wessel du Toit

Wyn veroudering, aroma, fenole, oksidasie en sensoriese analises van wyn

Me Marianne McKay

Wynaroma en foute, chemiese besmetters en wynveroudering

Keldertegnologie

Mnr Riaan Wassung

Wynbereiding, wynapparaat

 

Druifplant molekulêre biologie en biotegnologie

Prof Melané Vivier; Dr Philip Young; Dr John Moore 

Molekulêre metabolietprofielsamestelling van wingerdsokke in wingerdliggings

 

Wynbiotegnologie

Prof Florian Bauer​

Gis molekulêre en sellulêre biologie

Dr Benoit Divol

Mikrobiese interaksies en bederfimpak van mikro-organismes op wynkenmerke

Prof Maret du Toit

Molekulêre biologie van wynverwante melksuurbakterieë en interaksie met wyngiste

Dr Evodia Setati

Die gebruik van metagonomiese en metatranskriptomiese benaderings om diversiteit te bestuur en nuwe biokataliste te myn

 

Analitise Chemie 
Gevorderde chemiese-analitiese tegnieke in wingerd- en wynkunde en biotegnologie

Dr Hélène Nieuwoudt

 

Fokus op  nie-destruktiewe infrarooi spektroskopiese analitiese tegnieke en dataprosessering, sensoriese profilering van wyn, sensometrika en verbruikerspersepsie.

Prof Antonio Ferreira

'n Geurchemie-fokus op die chemiese definisie van wynkwaliteit.  Metabolomika

Dr Astrid Buica

Monstervoorbereiding en vloeistofchromatografie, data hantering van informasie ryke tegnieke (UR,IV/VIS,MS,etc)