Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Toelatingsvereistes

Nasionale Normtoets (NNT)

Vir universiteitstoelating moet ʼn student in besit wees van ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board of IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi, met toelating tot baccalaureusgraadstudie (wat vereis dat ʼn punt van minstens ʼn 4 (50-59%) in elk van vier aangewese universiteitstoelatingsvakke verwerf moet word), of ʼn matrikulasievrystellingsertifikaat uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Matrikulasieraad aan studente met ander skoolkwalifikasies.

Benewens bogenoemde word, vir toelating tot programme vir die grade BScAgric*, BScBosb*, BScBewEkol, BScVoedselwet en BAgricAdmin, ten minste vereis:

  • ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 60% in die NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit), of ander skoolkwalifikasie;

  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%);

  • Wiskunde 5 (60%);

  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%)


*Vir BScAgric met Grondkunde en Chemie as hoofvakke:

  • ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 60% in die NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit), of ander skoolkwalifikasie;

  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%);

  • Wiskunde 6 (70%);

  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%)


Naas die algemene toelatingsvereistes van die US, word vir toelating tot die program vir die graad BAgric (Elsenburg) vereis ten minste:

  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%);

  • Wiskunde 4 (50%) OF Wiskundige Geletterdheid 5 (60%);

  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%); OF

  • Lewenswetenskappe 4 (50%); OF

  • Landbouwetenskappe 4 (50%).

 Die voornemende student moet ook die Nasionale Normtoetse (NNT) (ook bekend as die National Benchmark Tests of NBT), insluitend die Wiskunde-komponent (MAT) van die toetse, aflê.