Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Personeel

Group DVO-IWBT-IGWS 2016-11_smaller.jpg
 
Die DWW word gelei deur ‘n bestuurspan bestaande uit akademici wat in wingerd- en wynkunde spesialiseer. Buitengewone akademici en navorsers is ook nou betrokke by opleiding- en navorsingsaktiwiteite.  Laasgenoemde word ondersteun deur uitstekende tegniese en administratiewe personeel. Alle kursusse word aangebied deur wêreldkenners in hul onderskeie navorsingsvelde. Vakgebiede vir wingerdkunde sluit in plantbestuur (lang- -en kortermynpraktyke), fisiologie, morfologie, afstandswaarneming, tafeldruifproduksie, asook wingerdargitektuur en alternatiewe opleistelsel. Waterverbruikdoeltreffendheid en volhoubaarheidspraktyke kry ook in onderrig en navorsing toenemend meer aandag. Kundigheidsareas in wynkunde sluit in wynmikrobiologie, aromaproduksie gedurende alkoholiese en appelmelksuurgisting, en wynveroudering. Sensoriese evaluering van wyn word ook ekstensief in die wynkundelesings toegepas, insluitend die identifikasie van chemiese kontaminante en foutwyne.​

​​