Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Internasionale studente

INTERNASIONALE VOORGRAADSE STUDENTE

INTERNASIONALE VOORGRAADSE STUDENTE: FINALE UITSLAE

Alle internasionale voorgraadse eerstejaarstudente moet ’n GEWAARMERKTE afskrif van hulle FINALE UITSLAE vir verifikasie by US Internasionaal indien voordat die fakulteit ’n finale toelatingsaanbod sal kan uitreik, mits jy steeds aan die vereistes voldoen.

KLIK ASSEBLIEF HIER om jou finale uitslae vir verifikasie te laai, of skandeer die QR-kode.

  • As jy op grond van die finale uitslae wat jy gelaai het aan die programvereistes voldoen, sal jy ’n finale aanbod ontvang. Jy sal die aanbod binne die toegelate tydperk moet aanvaar of van die hand wys.
  • As jy nie aan die programspesifieke toelatingsvereistes voldoen nie, sal jy ’n ‘Onsuksesvol’-boodskap ontvang en sal geen finale aanbod gemaak word nie. Dít beteken dat jy nie vir die akademiese jaar 2024 sal kan registreer nie.
  • Maak asseblief seker dat jy aan die matriekvrystellingsvereistes voldoen deur Universiteite Suid-Afrika se aanlyn assessering te voltooi.

VOORREGISTRASIEKLARING (-VERIFIKASIE) van INTERNASIONALE GRAADSTUDENTE SE DOKUMENTE VOOR AKADEMIESE REGISTRASIE 2023

1. VOORREGISTRASIEKLARING VIR ALLE INTERNASIONALE STUDENTE OP STELLENBOSCHKAMPUS (VOOR- EN NAGRAADS)

  • Voordat jy vir jou akademiese studieprogram kan registreer, moet jy toestemming van US Internasionaal ontvang deur ’n proses genaamd voorregistrasieklaring/-verifikasie.
  • Alle internasionale studente, waaronder diegene met permanente verblyfreg, Zimbabwiese vrystellingspermitte (ZEP’s), vlugtelingstatus en asielsoekerstatus, moet afskrifte van stawende dokumente voorsien vir voorregistrasieklaring/-verifikasie voordat hulle vir hulle akademiese program kan registreer.
  • Voorregistrasieklaring vir alle internasionale studente begin op Maandag 9 Januarie 2024.
  • KLIK ASSEBLIEF HIER om jou finale uitslae vir verifikasie te laai, of skandeer die QR-kode.

3. VOORREGISTRASIEKLARING VIR ALLE INTERNASIONALE STUDENTE OP TYGERBERGKAMPUS: VOOR- EN NAGRAADS

Stuur asseblief ’n e-pos met die vereiste dokumente na die toepaslike e-posadres hieronder, en gebruik jou VAN en US-STUDENTENOMMER as verwysing in die onderwerpreël:
Tygerbergkampus, voorgraadse studente: tygselections@sun.ac.za
Tygerbergkampus, nagraadse studente: intertyg@sun.ac.za

3. VERPLIGTE GEWAARMERKTE DOKUMENTE

a) Studente met studievisum, ZEP of Lesotho-vrystellingspermit (LEP) [wat in SA woon]

  • Afskrif van geldige paspoort
  • Afskrif van geldige studievisum wat vir studie aan die Universiteit Stellenbosch uitgereik is
  • Internasionale studente met permanente verblyfreg in ENIGE Afrikaland kan ’n bewys van sodanige verblyfreg laai (moet gewaarmerk wees) [OPSIONEEL].
  • Bewys van mediese dekking by ’n Suid-Afrikaanse verskaffer vir die volle jaar (Januarie tot Desember 2023). Klik hier vir ’n lys opsies vir mediese dekking.
  • Betaalbewys van minimum verpligte aanvangsfooi of beursbrief soos wat die dokument oor verpligte fooie vir 2024 bepaal

b) Studente met permanente verblyfreg

  • Studente met permanente verblyfreg moet ’n geldige bewys van permanente verblyfreg of hulle nie-Suid-Afrikaanse identiteitsdokument laai.
  • Mediese dekking is nie verpligtend vir studente met ’n permanente verblyfpermit nie.
  • Betaalbewys van minimum verpligte aanvangsfooi of beursbrief soos wat die dokument oor verpligte fooie vir 2024 bepaal

c) Studente met vlugteling- en asielsoekerstatus

  • Studente met vlugteling- of asielsoekerstatus is vrygestel van die paspoortvereiste, maar moet ’n afskrif van hulle geldige vlugteling- en/of asielsoekerpermit laai.
  • Betaalbewys van minimum verpligte aanvangsfooi of beursbrief soos wat die dokument oor verpligte fooie vir 2024 bepaal
  • Mediese dekking is nie verpligtend vir studente met vlugteling- en asielsoekerstatus nie.

d) Studente met diplomatieke status [wat in SA woon]

  • Afskrif van geldige paspoort
  • Afskrif van geldige diplomatieke permit
  • Betaalbewys van minimum verpligte aanvangsfooi of beursbrief soos wat die dokument oor verpligte fooie vir 2024 bepaal

e) Nagraadse studente wat deeltyds op ’n werksvisum sal studeer

Internasionale nagraadse studente wat vir deeltydse studie registreer en wat in die akademiese jaar 2024 in Suid-Afrika sal woon terwyl hulle die program voltooi, moet die volgende laai:

f) Nieresidensiële nagraadse studente [modulêr/slegs kontak]

Internasionale nagraadse studente wat vir ’n nieresidensiële/modulêre program registreer en wat nié in die akademiese jaar 2023 in Suid-Afrika sal woon terwyl hulle die program voltooi nie, moet die volgende laai:

  • Afskrif van geldige paspoort
  • Mediese dekking is nie verpligtend vir nieresidensiële nagraadse studente nie.
  • Betaalbewys van minimum verpligte aanvangsfooi of beursbrief soos wat die dokument oor verpligte fooie vir 2023 bepaal

Sluit asseblief jou VAN en US-STUDENTENOMMER in by die onderwerpreël van alle e-poskorrespondensie met die Universiteit.

Alle internasionale voorgraadse eerstejaargraadstudente moet dieselfde verwelkomingsprogram as hulle Suid-Afrikaanse eweknieë volg.