KENNISGEWING AAN PERMANENTE AKADEMIESE
PERSONEEL (NIE-SENAATSLEDE) VERKIESING VAN
‘N US RAADSLID VIR DIE TERMYN
01 SEPTEMBER 2018 TOT 31 AUGUSTUS 2020
U is op 10 Julie 2018 per e-pos meegedeel dat die US se permanente akademiese personeel (nie- Senaatslede) die geleentheid kry om ‘n verteenwoordiger te verkies om vir die tydperk 01 September 2018 tot 31 Augustus 2020 in die Universiteitsraad te dien. Die vorige verteenwoordiger, prof J (Johan) Fourie se termyn verstryk op 30 Augustus 2018.
Ons het 4 nominasies ontvang. Die kandidaat se naam, postitel, afdeling asook ‘n foto, verskyn hieronder
HOE OM TE STEM
U kan op een van die volgende 5 wyses stem – die sluitingsdatum vir ALLE stemme op welke wyse u ookal verkies om te stem, is Maandag, 30 April 2018 om 12:00
- Stem elektronies by
www.sun.ac.za waar 'n bondige CV, visie en foto van elke kandidaat beskikbaar is.
Let daarop dat die aanlyn-stemming eers op 16 April 2018 oopmaak.
- Faks die voltooide stembrief aan: 086 606 7946
- Skandeer die voltooide stembrief en stuur dit per epos aan
konvokasie@sun.ac.za
- Lewer die voltooide stembrief per hand in 'n verseëlde koevert, gemerk
VERTROULIK:
STEMBRIEF by
Dr Ronel Retief,
Registrateur,
Universiteit
Stellenbosch,
Kamer
A
2020,
Admin
A,
Ryneveldstraat,
Stellenbosch
af.
|
Die inhoud van hierdie bladsy is slegs vir inligting. Gebruik die VERTROULIKE STEMBRIEF om te stem.
Die volgende kandidate is behoorlik genomineer:
|
Prof Deborah Clare Blaine Medeprofessor Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese – Fakulteit Ingenieurswese
|
|
Prof Christie Dorfling
Medeprofessor Prosesingenieurswese – Fakulteit Ingenieurswese |
|
Prof Johan Fourie
Medeprofessor Ekonomie – Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
|
|
Dr Nadia Marais Lektor Sistematiese Teologie en Ekklesiologie – Fakulteit Teologie
|