Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​FVZS Think Tank.png

Die US/KU Leuven Dinkwinkel is in 2015 geloods as deel van die voorkeurvennoot-ooreenkoms tussen die KU Leuven, in België, en die US. US Internasionaal (USI) koördineer die program, en daar is 'n bestuurskomitee aan albei vennootinstellings. Die FVZSI maak deel van die US-bestuurskomitee uit. Ons kies elke jaar ongeveer vyftien nagraadse akademiese presteerders uit om aan die Dinkwinkel vir studente vanaf KU Leuven deel te neem. Die studente kom gereeld deur die jaar heen (vanaf Februarie tot November) bymekaar om met akademiese kundiges om te gaan en beskouings oor die gekose onderwerp uit te ruil. Hierdie proses van kritiese omgang ondersteun eerstens die beginsels van 'n interdissiplinêre benadering, en tweedens die studente se akademiese bevoegdheid om krities oor hulle eie oogpunt na te dink en dit te assesseer, en om hulle kennis konstruktief toe te pas.


Daar is elke jaar 'n tema waarvolgens die kundiges uitgesoek en die uiteindelike jaareind-uitkomste wat die studente lewer, gerig word. Om samewerking en kruiskulturele interaksie te fasiliteer, ontmoet die studente in April (afwisselend by een van die twee universiteite) en in laat November of vroeg in Desember (die terugkerende besoek) om hulle finale uitset te lewer.


Deurdat die Dinkwinkel aan studente 'n interkultureel-internasionale ervaringgerigteleer-ervaring bied, help dit om die volgende geslag akademiese leiers te bemagtig met die vaardighede wat hulle benodig om as akademici in 'n interdissiplinêre navorsingsomgewing en 'n wêreld van globale verbinding te funksioneer.

Die Dinkwinkel verskil dus van ander internasionale kulturele uitruilprogramme op hoofsaaklik twee maniere:

  1. Dit is gerig op akademiese toppresteerders wat potensiaal toon om hulle nagraadse studies internasionaal voort te sit.

  2. Dit is 'n intensiewe investering van tyd (vir studente sowel as personeel), aangesien hierdie jaar lange program afsluit met 'n bekendstelling van die ervaringgerigte leer wat plaasgevind het.

 

Dinkwinkel 2.0 word tans hersien met meer internasionale vennote. Vir verdere inligting, e-pos asseblief vir mnr Werner de Wit by US Internasionaal: wdw@sun.ac.za.

 

​