STS bestaan uit die volgende twee sentra en bied 'n verskeidenheid van dienste aan huidige studente:
1. Sentrum vir Studentestrukture en -gemeenskappe (SSG) (wat die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling en die Eerstejaarsakademie insluit); en die
2. Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO).
Die twee sentra word ondersteun deur 'n Senior Direkteur: Studentesake en in hierdie persoon se kantoor is daar 'n persoonlike assistent, asook 'n finansiële bestuurder wat met die finansiële bestuursfunksie behulpsaam is.