Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

Masterclass_FVZS Banners.png


Wat is die FVZS Instituut Meesterklas-reeks?

Hierdie nuwe, innoverende leierskapreeks bied leergeleenthede wat kort van duur is maar groot impak het. Elke meesterklas fokus op ’n sekere tema van aktuele belang rakende studenteleierskap op plaaslike, nasionale en globale vlak. Die FVZS Instituut se meesterklasse streef daarna om deelnemers oor ’n sekere onderwerp in te lig en hulle te help om ’n paar omskrewe uitkomste te bereik wat met die betrokke tema verband hou. Die sessies is haarfyn uitgewerk om met die FVZS Instituut se drie pilare – Leierskap en Aktiewe Burgerskap (burgerleierskap), Sosiale Geregtigheid (demokrasie en menseregte), en Kritiese Betrokkenheid en Kritisiteit – belyn te wees. Dit vorm ook ’n interaktiewe platform wat robuuste omgang aanmoedig en wat bou op die belangrikheid daarvan dat ’n ruimte geskep word waar studente vaardighede en nuutgevonde kennis kan verwerf wat met die omskrewe kenmerke van US-gegradueerdes belyn is.


Oorkoepelende oogmerke en uitkomste


Oogmerke

  1. Om kort, toeganklike leergeleenthede te skep waartydens studente aan hoëronderwysinstellings vanoor Suid-Afrika met mekaar kan omgaan, wat hulle sal toerus om hulle ontwikkeling as studenteleiers sowel as ander aspekte van hulle omgang met ander aan te help.

  2. Om ’n kritiese en nadenkende omgewing te skep wat studente aanmoedig om die kennis en vaardighede wat hulle in verskeie kontekste verwerf het, toe te pas.


Uitkomste

  1. Studente sal na afloop van hierdie sessies beskik oor ’n basiese begrip van en ’n stel vaardighede oor ’n sekere onderwerp, wat hulle sal in staat stel om die waarde van hierdie aanwinste vir hulle leierskapsontwikkeling in te sien.

  2. Studente sal toegerus wees met die grondliggende teoretiese raamwerke en riglyne wat nodig is sodat hulle dit wat hulle oor die besondere onderwerp geleer het, krities in verskillende kontekste kan toepas.


Erkenning van die Meesterklas-reeks op die akademiese transkrip


  1. Bywoning van meesterklasse met erkenning op die US se akademiese transkripVir hierdie opsie moet deelnemers ’n kort aktiwiteit afhandel. Die fasiliteerder van die meesterklas moet die aktiwiteit opstel met die oogmerk om deelnemers met die materiaal wat aangebied word, te laat omgaan en bewys te toon dat hulle ’n grondvlakbegrip van die inhoud het. Deelnemers wat die aktiwiteit suksesvol afhandel, sal erkenning (’n sertifikaat van bywoning) op hulle akademiese transkrip vanaf die US ontvang.

  2. ​Bywoning van meesterklasse sonder erkenning op die US se akademiese transkripDeelnemers kan hierdie soort meesterklasse bywoon sonder om ’n aktiwiteit te doen, en ontvang dus nie transkriperkenning nie. Hierdie opsie word aangebied om deelnemers te akkommodeer wat ’n sessie wil bywoon sonder dat daar bykomende werk of verdere deelneming van hulle verwag word.



Die FVZS Instituut het tot dusver twee meesterklasse aangebied


  1. Die Krag van Relasionele Leierskap 

    Hierdie meesterklas, wat deur prof Basil Leonard aangebied is, het as oogmerk gehad om deelnemers te help begryp hoe belangrik dit is om intensioneel oor die kweek van spanverhoudinge te wees en om ’n sin vir selfbewussyn te ontwikkel wat ’n mens in staat stel om in te sien watter impak jou leierskap het op diegene wat jy lei.



  2. Bemeester Jou Emosies (Empatie)

    Hierdie meesterklas is deur Anita Novak (PhD) aangebied en het die dieper betekenis van empatie ondersoek. Daardeur is deelnemers toegerus met praktiese en doeltreffende maniere om nie net hulle eie emosies te bemeester nie, maar ook om hulleself ten opsigte van ander se emosies en ervarings te posisioneer.