Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 



About FVZS.png 

Die FVZS Instituut (FVZSI) is amptelik in Maart 2011 geopen as een van die HOOP-projekte van die Universiteit Stellenbosch (US). Die Instituut vereer die nagedagtenis van 'n groot (Suid-)Afrikaanse leier, kritiese denker, denkleier en voormalige kanselier van die Universiteit Stellenbosch, Dr Frederik van Zyl Slabbert.

 Ons deel graag met u 'n oorsig van ons werk die afgelope tien jaar.

 


Die Instituut skep, deur middel van ons programaanbod, verskeie platforms waarop jong leiers hulle leerervaring en leierskapsvaardighede as aktiewe (globale) burgers kan uitbrei.

Aan die kern van alles wat ons doen, lê ons verbintenis daartoe om voortdurend met 'n immer veranderende Suid-Afrikaanse en globale konteks om te gaan. Ons beywer ons, by wyse van ons aanbod, om tersaaklik en krities te bly en om samewerking en vennootskappe plaaslik, oor Afrika heen en nog verder te bevorder. Ons glo in 'n toekomsgerigte en innoverende benadering in die vervulling van die behoefte om 'n betekenisvolle bydrae te lewer tot die totstandkoming van inklusiewe ruimtes vir gesprek oor hoop, versoening, sosiale geregtigheid, menseregte, demokrasie en burgerskap.

Die FVZS Instituut se programaanbod is rondom die volgende pilare gestruktureer:

 

FVZS Pillars RM (Afr).pngFVZS Pillars RM (Afr) (C).png



FVZS Pillars RM (1500 × 700 px) (Afr).png