Wêreldburgerskap

Die kortkursus Wêreldburgerskap word deur US Internasionaal (USI) in samewerking met die FVZSI aangebied. Dié kursus is een van verskeie globale-leer-inisiatiewe wat as mikpunt het om studente op ’n geglobaliseerde wêreld voor te berei. In die loop van die kursus ondersoek die deelnemers begrippe rakende wêreldburgerskap, soos interkulturele vaardigheid, wêreldleierskap, geglobaliseerde opvoeding, en geslags , sosiale en omgewingsgeregtigheid in globale en plaaslike konteks. Die kursus bied deelnemers die geleentheid om met internasionale studente om te gaan en aan aktiwiteite deel te neem wat deur die USI gekoördineer word.

Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.