Die FVZSI ontwerp pasgemaakte programme vir spesifieke studentegemeenskappe, fakulteite of organisasies volgens die besondere behoefte wat uitgewys is. Hierdie programme is as kortkursusse by die US Afdeling Kortkursusse geregistreer, wat beteken dat deelnemers wat dit suksesvol afhandel ’n bywoningsertifikaat en erkenning op hulle akademiese rekord ontvang. Die FVZSI kan genader word om ’n pasgemaakte program uit te werk.
Ons het die volgende pasgemaakte programme vir ons internasionale hoëronderwysvennote ontwikkel: