Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

Leierskap in Opvoeding

Die kortkursus Leierskap in Opvoeding is daarop gemik om studente wat vir ’n formele kwalifikasie in die opvoedkunde ingeskryf is aan die breër konteks van opvoeding en skoolopleiding in Suid-Afrika en wêreldwyd bloot te stel. Die kursus bied deelnemers geleentheid om nie net die verskillende uitdagings in opvoeding krities te ontleed en insig daarin te verkry nie, maar ook die kontekstuele faktore wat op opvoeding en skoolopleiding inwerk. Deelnemers sal ook insig kry in die behoefte aan agentskap onder onderwysers, en die leidende rol wat hulle as toekomstige opvoeders kan vervul om volhoubare verandering in opvoeding en skoolopleiding wêreldwyd te bewerkstellig.​


Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.