Registrasieprosedures
Let asseblief daarop dat ’n kommunikasie oor finale aanvaarding vanaf 21 Januarie 2023 uitgestuur sal word.
Ons versoek vriendelik dat finaal aanvaarde aansoekers van ons aanlyn registrasiestelsel gebruik maak. Indien jy enige probleem met die stelsel of proses ondervind, registreer asseblief hetsy per e-pos (slegs nagraadse programme) of fisies op kampus (voor- én nagraadse programme). Die kontak- en registrasiebesonderhede vir die verskillende fakulteite en programme volg hieronder.
Registrasie kan op een van die volgende maniere geskied:
Opsie 1: Selfregistrasie/aanlyn registrasie
- Aangesien die meeste studente aanlyn kan registreer, moedig ons jou aan om van die aanlyn registrasieportaal gebruik te maak.
- Voltooi jou selfregistrasie via
my.sun.ac.za vanaf enige rekenaar met internettoegang.
-
Die volgende studente sal nié toegang tot selfregistrasie hê nie:
- Diegene van wie een of meer toelaatbaarheidsbewyse uitstaande is (soos ’n matriekvrystellingsertifikaat, uitslagadvies of post-matriektoelaatbaarheidsbewys)
- Diegene wie se hertoelating tot die Universiteit nie in orde is nie
- Diegene wie se studenterekeninge by die Universiteit agterstallig is (debiteure). Indien jou rekening en eerste registrasiepaaiement ten volle vereffen en deur die Afdeling Studentegelde vasgelê is, en jy voldoen aan alle ander vereistes vir selfregistrasie, sal jy kan selfregistreer. Raadpleeg asseblief die afdeling oor studentegeld hieronder.
- Diegene wat vir nagraadse programme by die Universiteit aanvaar is en wat in 2023 vir die eerste keer vir daardie program registreer (nagraadse nuwelinge)
- Diegene wat vir spesiale programme of as ’n spesiale student registreer
- Diegene op wie se akademiese rekord daar aan die einde van die vorige jaar ’n ander finale uitslag as “Slaag jaar” verskyn het
Opsie 2: E-posregistrasie (nagraadse programme, en terugkerende voorgraadse studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
-
Hierdie opsie is slegs van toepassing op nagraadse studente en op terugkerende studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat nie toegang tot die selfregistrasie-/aanlyn registrasiestelsel het nie.
- Studente met uitstaande fooie vir 2022 sal nie toegelaat word om te registreer nie (buiten kwalifiserende NSFAS-begunstigdes). Raadpleeg asseblief eers die personeellede in die betrokke kantoor vir Beurse en Lenings in dié verband (kontakbesonderhede verskyn hieronder).
- Raadpleeg asseblief die kontaklys hieronder vir bystand met e-posregistrasie.
- Nagraadse studente sou ’n registrasievorm van die Universiteit ontvang het, wat hulle kan voltooi en per e-pos kan terugstuur. Die tersaaklike kontakbesonderhede hiervoor verskyn hieronder.
Opsie 3: Registrasie op kampus (voor- en nagraadse programme)
-
Hierdie opsie is slegs van toepassing op diegene sonder toegang tot selfregistrasie en wat ook nie hulle registrasie per e-pos kon voltooi nie.
- Alle studente op Stellenboschkampus wat nie deur middel van die registrasie-opsies hierbo kon registreer nie, moet in die rekenaargebruikerarea (NARGA) in Admin A registreer. (Die enigste uitsondering is terugkerende voorgraadse studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat op Stellenboschkampus studeer, wat by mnr Johan Coetzer in kamer 3020, Admin A, kan registreer.)
- Studente met uitstaande fooie vir 2022 sal nie toegelaat word om te registreer nie (buiten kwalifiserende NSFAS-begunstigdes).
- Raadpleeg asseblief die rooster hieronder vir die datums wanneer registrasie op kampus plaasvind.
Klik asseblief
HIER vir registrasiereëlings spesifiek vir die Tygerbergkampus.
Voorlegging van Dokumente
Studente wat enige van die volgende kwalifikasies gedurende 2022 voltooi het, hoef NIE enige uitslae voor te lê nie, omdat ons die afgelaaide weergawe van die Departement van Basiese Onderwys in Januarie 2023 sal ontvang:
- Suid-Afrikaanse Omvattende Assesseringsintituut (SACAI)
- Onafhanklike Eksamineringsraad (IEB)
- Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
- School of Tomorrow (SoT)
Alle ander studente wat enige ander kwalifikasie voltooi het, moet hul resultate asseblief aflaai/stuur sodra dit beskikbaar is. Dit sal verseker dat ons jou toelating so gou as moontlik kan prosesseer. KLIEK ASB. HIER om jou finale uitslae vir verifikasie af te laai.