AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Genetika

​Wat is Genetika?

Genetika handel oor die molekulêre struktuur en funksie van gene, genegedrag in die konteks van 'n selorganisme (bv. dominansie en epigenetika), patrone van oorerwing van ouer na afstammelinge en geenverspreiding, -variasie en -verandering in populasies, soos  Genoomwye Assosiasiestudies.  Met gene as universeel tot lewende organismes, kan genetika toegepas word op die studie van alle lewende sisteme, van viruses en bakterieë, plante en diere, tot mense. 

Die Departement Genetika en die Instituut vir Plantbiotegnologie

Die geskiedenis van die Departement Genetika kan betroubaar tot 1898 teruggevoer word, toe die Stellenbosch Landboukollege aan die buitewyke van die dorp Stellenbosch gestig is, maar amptelik het dit in 1925 ontstaan uit die Departement Landbou-botanie in die Fakulteit Landbouwetenskappe.  Vandag verteenwoordig die Departement 'n interdissiplinêre groep navorsers en nagraadse studente wat fokus op navorsingsgeleenthede in plant-, dier- en mensgenetika.

Die missie van die Departement is om 'n omgewing te skep waarin Genetika as kern wetenskap die basis kan vorm vir die kreatiewe ontwikkeling van menslike hulpbronne om die individu, die breër gemeenskap, sowel as die omgewing as 'n geheel te baat. Om dit te bereik en Genetika te ontwikkel tot hoeksteen van die biologiese wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Ons streef daarna om kwaliteit navorsing, kreatiewe onderrig en uitstaande en verantwoordelike dienslewering aan ons gemeenskap en die omgewing te lewer.

 

Programinligting​

Voorgraadse programme 

Plantgenetika is ingesluit in die program BScAgric Plant- en Grondwetenskappe (Gewasproduksiestelsels en Gewasbeskerming- en teling.  Diergenetika (Genetika word slegs tot die derde jaar aangebied) is ingesluit in die program BScAgric Diereproduksiestelsels (Veekunde, Veekunde met Agronomie en Veekunde met Bewaringsekologie).  As jy op Mensgenetika konsentreer, doen jy 'n BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie of 'n BSc in Menslike Lewenswetenskappe (Die laaste twee programme word in die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied).​

Nagraadse  programme 

Honneurs (BSc)
MSc en MScAgric
PhD en PhD (Agric)

Navorsing​

Die drie navorsingsfokusareas van die departement is dier-, mens- en plantgenetika en sluit ondersoeke op kwantitatiewe- (teling en biometrie), populasie en molekulêre (biotegnologiese) genetiese terreine in.

In Diergenetika, word navorsing gedoen op verskeie akwatiese en ander dierspesies en behels die bepaling van genetiese diversiteit en populasiedinamika vir die verbeterde bestuur en bewaring van hierdie spesies.

​In Mensgenetika-navorsing, word daar gefokus op die identifisering en analises van die gene betrokke in skisofrenie, tuberkulose, yster regulering en kanker, sowel as op farmakogenetiese toepassing in siektetoestande wat onder die Suid-Afrikaanse bevolking voorkom.

In Plantgenetika en Biotegnologie, fokus navorsing onder meer op molekulêre karakterisering van wingerdvirussiektes en virusweerstand, rog- en korogteelprogramme, graangenomika en plant-insek-interaksies asook molekulêre vrugteteling en kiemplasma karakterisering.

Kyk ook gerus na die navorsingsfasiliteite​ wat deur die departement aangebied word.


​​Kontakbesonderhede

Departement Genetika

Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika
Tel.:  +27 21 808 5839        Faks:  +27 21 808 5833 
E-pos:  mmeng@sun.ac.za  Web:  http://www.sun.ac.za/genetics/​​

Personeel

Akademies​

Akademiese personeelTelefoonE-posPos

Dr AE Bester-Van der Merwe

021 808 5835/5837aeb@sun.ac.za Molecular Population Genetics
Mnr WC Botes 021 808 2637/4860wcb@sun.ac.zaPopulation Genetics, Plant Breeding
Prof A-M Botha-Oberholster 021 808 5832/5828ambo@sun.ac.za Molecular Genetics, Plant Genetics
Prof D Brink 021 808 5838db@sun.ac.za Animal Breeding, Aquaculture
Prof JT Burger021 808 5858/9294jtb@sun.ac.za Molecular Genetics, Virology

Dr Hano Maree

021 808 9579hjmaree@sun.ac.zaMolecular Genetics, Virology
Dr NW McGregor021 808 5836/5827nwm@sun.ac.zaMolecular Genetics, Human Genetics
Mev J Nienkemper-Swanepoel021 808 5814nienkemperj@sun.ac.zaBiometry
Dr C Rhode021 808 5834/5837clintr@sun.ac.zaMolecular Breeding & Biodiversity
Prof R Roodt-Wilding 021 808 5831/5837roodt@sun.ac.za Molecular Breeding & Biodiversity
Dr B van Asch021 808 5888bva@sun.ac.zaMolecular Breeding & Biodiversity
Mnr S van der Westhuizen021 808 5826stephanvdw@sun.ac.zaBiometry
Prof L Warnich021 808 5888/3150lw@sun.ac.za Molecular Genetics, Human Genetics


Tegniese en Ondersteunende personeel ​​​

PersoneellidTelefoon-nommerE-pos adres  
MJ Allison021 808 5829mja@sun.ac.za 
NFV Burger021 808 5828nvfburger@sun.ac.za 
A Ellis021 808 4860aletta@sun.ac.za 
M Engelbrecht021 808 5885 / 9294mengelbr@sun.ac.za 
MM Engelbrecht021 808 5839mmeng@sun.ac.zaDepartementele sekretaris
LJ Korkie021 808 5827lji@sun.ac.za 
CF Oosthuizen021 808 4148cfoost@sun.ac.za 
CJ van Heerden021 808 9044cjvh@sun.ac.zaSentrale Analitiese Fasiliteit
JA Vervalle021 808 5837jessica@sun.ac.za 


Dienspersoneel

PersoneellidTelefoon-nommerE-pos adres
E Casper021 808 4860elisec@sun.ac.za
A Julius021 808 4860andrej@sun.ac.za
E Titus021 808 4860elvin@sun.ac.za
C Toutie021 808 5812charlest@sun.ac.za