Wat is Bewaringsekologie en Entomologie?
Een van die grootste uitdagings is die bewaring van biodiversiteit, veral in natuurreservate, landbougrond, stede, mynbou- en bosbougebiede. Die toenemende bevolkingsgroei in ontwikkelende lande is 'n verdere uitdaging. Dit veroorsaak oorontginning van planthulpbronne en die uitbuiting van wilde diere sowel as verandering en verlies van habitat. Bewaringsekologie en Entomologie streef daarna om 'n gesonde biologiese netwerk te verseker – wat alle bestaande spesies insluit – om die vooruitgang van die hele ekosisteem te waarborg.
Die Departement Bewaringsekologie en Entomologie is 'n toekomsgerigte, dinamiese departement met 'n duidelike landbou- en bosbougerigtheid wat in sy visie, missie en strategiese doelstellings getoon word, naamlik om 'n uitnemendheidsentrum van wêreldgehalte vir onderrig, navorsing en tegnologie te wees. Dit bring 'n aansienlike korps van onderrig en navorsing byeen in die snelgroeiende en belangrike veld van die bewaring van benutte landskappe en hul omgewings. In beginsel is die doel om volhoubare landbou- en bosbouproduksie te hê sonder om die natuurlike lewensvatbaarheid van die landbougrondmosaïek in gevaar te stel. Onder hierdie oorkoepelende bewaring in die landbou- en bosbouverband strek die kundigheidsvlakke van geïntegreerde plaagbestuur, bewaring van natuurlike gemeenskappe, bestuur van lewende hulpbronne en bewaringsbeleidformulering tot tegnologieoordrag.
Programinligting
- BSc in Bewaringsekologie
MSc Programme
- MSc in Bewaringsekologie
- MSc in Entomologie
PhD Programme
- PhD in Bewaringsekologie
- PhD in Entomologie
Navorsing in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie sluit 'n breë versameling suiwer en toegepaste bewarings- en entomologiese navorsingsonderwerpe in. Die fokusterreine is bewaringsbeplanning en -bestuur, restorasie- en landskapekologie, invertebraat- en vertebraatbewaring, bewaring van simbioses, gebiedwye plaagbestuur van boomoeste en toegepaste fisiologiese ekologie.
Die Departement is 'n leier in navorsing oor die herstel van natuurlike plantegroei in die dor streke van Suid-Afrika, waaronder myne in Namakwaland, weiveld in die Klein- en groter Karoo asook bewaringsgebiede in die Wes-Kaap. Navorsing oor bewaringsbeleidontwikkeling behels die bepaling van die bewaringseienskappe van natuurlikehulpbron-bestuursbeleide in suidelike Afrika met die doel om hul biodiversiteit en sosio-ekonomiese uitsette te optimaliseer.
Die Entomologie-navorsingskomponent van die Departement het drie hooffokusterreine: insekekologie en -bewaring, sistematiek en geïntegreerde plaagbestuur (IPM). Invertebrate bewaringsbiologie fokus op landboukundige en varswaterstelsels sowel as tropiese en sub-Antarktiese eilande en diere parasietologie. Sistematiek-navorsing fokus op die Hepialoidea, Zygaenoidea en Tortricicoidea (Lepidoptera), veral die sistematiek van ekonomies belangrike plaagtaksisse. IPM hanteer navorsing oor insek- en mytplae en navorsing oor entomopatogene nematodes.
'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report
Kontakbesonderhede
Departement Bewaringsekologie en Entomologie
Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika
Tel.: 021 808 4775 (Entomologie) / 021 808 3304 (Bewaringsekologie)
Faks: 021 808 4821 / 021 808 4807
E-pos: mwenn@sun.ac.za / collouw@sun.ac.za
Web: http://www.sun.ac.za/english/faculty/agri/conservation-ecology/
Akademies
Personeellid | Telefoon-nommer | E-pos adres | Spesialiteitsrigting |
Mr MF Addison, | 021 808 2546/4671 | mfa@sun.ac.za | Geïntegreerde plaagbestuur |
Dr P Addison | 021 808 4671 | pia@sun.ac.za | Insekdiversiteit; Geïntegreerde plaagbestuur |
Prof KJ Esler | 021 808 4005 | kje@sun.ac.za | Plant-ekologie; Voorsitter |
Dr S Jacobs | 021 808 4441 | sjacobs@sun.ac.za | Ekologie |
Dr S Johnson | 021 808 2694 | sjohnson@sun.ac.za | Geïntegreerde plaagbestuur |
Dr A Leslie | 021 808 2487 | aleslie@sun.ac.za | Ekologie |
Dr A Malan | 021 808 2821 | apm@sun.ac.za | Nematologie |
Ms R Malgas | 021 808 3299 | rmalgas@sun.ac.za | Volhoubare natuurlike hulpbronbestuur |
Dr S Matthee | 021 808 4777 | smatthee@sun.ac.za | Parasietologie; Parasiet-ekologie; Kleinsoogdier-ekologie |
Dr KL Pringle | 021 808 4776 | klp@sun.ac.za | Geïntegreerde plaagbestuur |
Dr J Pryke | 021 808 9222 | jpryke@sun.ac.za | Bewaring van biodiversiteit |
Dr F Roets | 021 808 2635 | fr@sun.ac.za | Ekologie |
Prof MJ Samways | 021 808 3728 | samways@sun.ac.za | Insekbewaringsekologie |
Prof J Terblanche | 021 808 9225 | jst@sun.ac.za | Fisiologiese entomologie |
Dr R Veldtman | 021 808 9441 | veldtman@sun.ac.za | Toegepaste insek-ekologie |
Prof D Conlong | 031 508 7477 | des.conlong@sugar.org.za | Habitat en geïntegreerde plaagbestuur; Buitengewone Professor |
Prof B Reyers | | belinda.reyers@su.se | Biodiversiteit en ekosisteemdienste; Buitengewone Professor |
Dr R Gaigher | 021 808 4021 | reneg@sun.ac.za | Bewaringsekologie |
Personeellid | Telefoonnommer | E-pos adres | |
Fundi Bikitsha | 021 808 9228 | fnkumbi@sun.ac.za | |
Marlene Isaacks | 021 808 9207 | mcup@sun.ac.za | |
Riaan Keown | 021 808 4779 | riaank@sun.ac.za | |
Colleen Louw | 021 808 4775 | collouw@sun.ac.za | |
Celeste Mockey | 021 808 4529 | cmockey@sun.ac.za | |
Monean Jacobs | 021 808 3304 | mwenn@sun.ac.za | |