Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Finale reëlings: 30 Augustus 2024



Beste skoolhoofde en onderwysers 

Ons maak gereed vir ons graad 9-inligtingsessie eerskomende Vrydag, 30 Augustus 2024. Hiermee bevestig ons graag ’n paar finale reëlings:

Besonderhede van geleentheid: Uitnodiging: Inligtingsessie vir graad 9-leerders (sun.ac.za)

Aflaai: Busse/taxi’s kan gaste af- en oplaai by die US Konservatorium (op die hoek van Victoria- en Neethlingstraat). Ligging: US Konservatorium

Gratis parkering: Taxi’s/busse/voertuie kan oorkant die Coetzenburg-atletiekstadion parkeer. Ligging: Coetzenburg-atletiekstadion 

Betaalparkering: Parkering teen betaling is beskikbaar in die ondergrondse parkeerkompleks van die Neelsie-studentesentrum (ingang uit De Beerweg). Ligging: Jan Mouton Leersentrum

Naaste moskee vir Vrydag-gebede: Gaste wat toegang tot ’n moskee vereis, kan die Goejjatul Islam-moskee in Banhoekweg in Stellenbosch-middedorp besoek. Ligging: Goejjatul Islam-moskee

Ons sien daarna uit om julle en julle leerders op ons kampus te verwelkom.

Vriendelike groete
Afdeling Studentewerwing​