​​​​​​​​​​​

Betaalopsies en -metodes



'n Volledige rekening tot op datum van die betrokke jaar word na afloop van die registrasieproses per e-pos aan elke student uitgestuur. Dit is die verantwoordelikheid van die student om 'n rekening aan te vra as dit nie ontvang is nie.  Dit bly ook die verantwoordelikheid van die student om toe te sien dat die korrekte e-posrekeningadres verskaf word.

Studente kan by die studenteportaal inteken vir die nagaan en opdatering van die e-posadresbesonderhede.

Studentegelderekenings is ook beskikbaar in die studenteportaal by my.sun.ac.za by "Studenterekening".

Indien die volle studiegeld vóór of op 31 Maart vereffen word, word 'n korting van 3% toegestaan op die onderriggeld indien die ouer of voog die voorgeskrewe vorm invul en by die Afdeling Studentegelde inhandig vir verwerking van die aansoek, tesame met die aanvanklike bewys van betaling. Hierdie korting word egter nie op die modulekoste- en programkoste-deel van die studiegeld toegestaan nie, insluitend dié van die MPhil in Inligting- en Kennisbestuur, asook programme wat deur die USB en SPL aangebied word.

Let wel: 

Die volle bedrag studiegeld vir die betrokke jaar moet eers betaal word alvorens u aansoek om korting oorweeg kan word en u moontlik vir korting kwalifiseer.  Sodra die aansoek goedgekeur en verwerk is, word die rekening gekrediteer met die betrokke persentasie kortingsbedrag.

Die korting mag dus nie deur die betaler op die volle bedrag bereken en daarvan afgetrek word nie. 

Die gekrediteerde bedrag is nie uitbetaalbaar nie en word aangewend ter vereffening van kostes wat gedurende die res van die jaar aangegaan word. 

Hierdie kortingsaansoek kan slegs oorweeg word in die betrokke jaar van studie, en nie vir terugwerkende jare nie.

Korting is slegs van toepassing op studente, ouers of voogde wat finansieel ten volle vir die studenterekening verantwoordelik is, en internasionale studente met 'n geldige permanente verblyfpermit. Ander internasionale studente en studente wat deur beursmaatskappye befonds word, kwalifiseer nie.  

Korting op Studiegeld:

Indien drie of meer kinders/lede uit dieselfde gesin gelyktydig vir voltydse programme aan die Universiteit ingeskryf is, kan 'n korting van 10% op onderriggeld per student toegeken word. Dit sal slegs gedoen word indien die ouer of voog die  voorgeskrewe vorm invul en by die Afdeling Studentegelde inhandig vir verwerking van die aansoek.

Hierdie korting word egter nie op die modulekoste- en programkoste-deel van die studiegeld toegestaan nie, insluitend dié van die MPhil in Inligting- en Kennisbestuur, asook programme wat deur die USB en SPL aangebied word.

Internasionale studente: Hierdie kortings is slegs beskikbaar vir internasionale studente met geldige permanente verblyfreg en internasionale studente met vlugtelingstatus.

Studente kan hulle rekeninge op enige van die volgende maniere vereffen:

- Standaard Betaalwyse (8 paaiemente)
- Betaling per debietorder stelsel-wyse (10 paaiemente)
- Aanlyn Betalingsmetode: Kaart betalings
- Persoonlik aan die kassiere (metode)
- Kontantlose metode: SnapScan
- EFT na Studentegelde bank rekening 

Standaard Betaalwyse 

DATUM % VAN TOTALE GELDE BETAALBAAR
28 Februarie20
31 Maart20
30 April20
31 Mei20
30 Junie5
31 Julie5
31 Augustus5
30 September5
31 October-
30 November-

 


Betaling per debietorder stelsel-wyse: (slegs vir studente met Suid-Afrikaanse burgerskap, vir internasionale studente met geldige permanente verblyfreg en vir internasionale vlugtelingstudente met 'n Suid-Afrikaanse bankrekening):                          
10 Maandelikse paaiemente onder die Universiteit se debietorder stelsel  
Eerste paaiement:Betaalbaar teen 1 Maart
Outomatiese aanpassing:Indien addisionele bedrae ná 1 Maart teen student se rekening gehef word.
Debietordervorm:  Laai die vorm hier af, of versoek dit vanaf die Afdeling Studentegelde, Administrasiegebou A, 2046   
Inhandigdatum:Voor of op 9 Februarie
Tydperk geldig:Volle tydperk van studie OF 'n korter periode met 30 dae skriftelike kansellasie. 


Debietorders sal as volg ingevorder word:

DATUM % BETAALBAAR VIR DEBIETORDER
1 Maart10
1 April10
1 Mei10
1 Junie10
1 Julie10
1 Augustus10
1 September10
1 Oktober10
1 November10
1 Desember10

​ 

12 Aanlyn Betalings: Kaart betalingsmetode:

Aanlynbetaling - Klik hier

Voordeel van aanlyn betalings: Aangesien die kwitansie onmiddellik verwerk word, is die rekening dadelik opgedateer en ook nie later met die bekendmaking van eksamenuitslae nie.

Betalings kan persoonlik by die kassiere gemaak word (metode): 

Kantoorure

Stellenbosch- en Tygerbergkampusse: Maandae tot Vrydae, 8:00-15:30
 


STELLENBOSCH​TYGERBERG
Die Kassiere
Blok A
Sentrale Administrasie
Die Kassiere
Kliniese Gebou (1ste vloer)
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 

 

Kontantlose metode: SnapScan

Stellenbosch Universiteit (SU) is die eerste universiteit in Suid-Afrika om op sy kampus van die SnapScan in-toep betaalopsies vir betaling gebruik te maak, gevolglik hoef studente nie meer kontant saam te dra om sekere betalings te maak nie.

SnapScap is selfoontoepassing wat betaling sonder kontant moontlik maak. Die in-toep betalingsmeganismes is beskikbaar vir studente om rekeningbetalings op hulle studentegeldrekeninge te maak, asook betalings vir voorafbetaalde dienste wat die volgende insluit: etes, drukkrediete en wasgoedkwota. Tevore kon hierdie betalings slegs in kontant of met 'n kaart in die sentrale administrasiegebou gedoen word.

SnapScan Bills: Hierdie funksie bied gebruikers (studente) die geleentheid om bestaande skuld op hulle rekening af te los.

SnapScan Prepaid: Hierdie funksie bied gebruikers (studente) die geleentheid om voorafbetaalde dienste aan te koop (drukkrediete, waskwota of etes) en om hulle studenterekening met krediet aan te vul.

EFT na Studentegelde Bankrekening

Gebruik asb. die STUDENTENOMMER as verwysing indien u per EFT betaal.



Moontlike uitbetaling van kredietbalanse

Met die uitsondering van beurshouers, word kredietbalanse wat op studentegelderekeninge ontstaan as gevolg van oorbetaling, op aanvraag ná afloop van die student se studie uitbetaal, slegs indien die volledige bankbesonderhede van die begunstigde (ingevul op die voorgeskrewe vorm, geverifieer en gestempel deur die bank) ontvang is, en die bewys van die aanvanklike betaling aangeheg is. Die vorm is ook verkrygbaar by die Afdeling Studentegelde.

Kredietbalanse van beurshouers sal slegs uitbetaal word nadat die beursinstansie se skriftelike toestemming daartoe ontvang is. Voorgraadse beurshouers is self verantwoordelik om reëlings te tref met beursskenkers om hulle te voorsien van die skriftelike toestemming dat kredietbalanse uitbetaal mag word. Nagraadse beurshouers kan by die Nagraadse Kantoor navraag doen oor die prosedure wat gevolg moet word.

Navrae:

Afdeling Studentegelde
Tel: +27 21 808 9111​
E-pos: studentegelde@sun.ac.za