Die Universiteit Stellenbosch kan sowat 6 500 studente in omtrent 27 Stellenbosse universiteitskoshuise en ander universiteitsblyplekke huisves. Op die Tygerbergkampus is daar vyf koshuise wat ongeveer 1 000 studente van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe kan huisves. Die meeste Maties wat op dié twee kampusse klasloop (die Universiteit het meer as 30 000 studente) maak dus gebruik van privaat akkommodasie soos kamers of woonstelle in Stellenbosch en die omliggende omgewing.

Studente wat in enige van hierdie koshuise geplaas word, is onder die toesig van die koshuis se Inwonende Hoof, wat op sy/haar beurt bygestaan word deur huiskomiteelede. Elke koshuis neem ook deel aan die mentorprogram. Mentors is senior studente wat in koshuise en Privaat Studente Organisasies (studente wat privaat bly) aangestel word om nuwelingstudente te help aanpas by die universiteitslewe. Elke nuwelingstudent kan toegang tot ʼn mentor verkry. Die mentor speel reeds tydens die verwelkomingsperiode ʼn belangrike rol met algemene hulpverlening rondom universiteitslewe-navrae en psigososiale ondersteuning. Die nuwelingstudente het ook hierdeur die geleentheid om by die Welweesprogram van die Universiteit in te skakel wat ten doel het om hul welwees dwarsdeur die jaar te bevorder.

Koshuisfasiliteite

- Elke kamer het 'n netwerkpunt wat jou toegang bied tot die Universiteit se netwerk, elektroniese inligtingsbronne, die Internet en e-leerhulpmiddels. Bring dus gerus jou eie rekenaar saam.
- Wasgeriewe
- 'n Gemeenskaplike woonkamer om in te kuier, televisie te kyk, of om sommer net te ontspan
- Al die vroue- en party van die manskoshuise het 'n gemeenskaplike en/of privaat sitkamer waar besoekers ontvang en onthaal kan word.
- Die meeste koshuise het 'n pragtige binnehof en/of tuin vir ontspanning.​​

VOORGRAADSE DAMESKOSHUISE
(STELLENBOSCH KAMPUS)
VOORGRAADSE MANSKOSHUISE
(STELLENBOSCH KAMPUS)
VOORGRAADSE CO-ED KOSHUISE
(GEMENGDE GESLAG PER VLOER)  
(STELLENBOSCH KAMPUS)
Erica
Harmonie
He emstede
Huis ten Bosch
Irene
Lydia
Minerva
Monica
Nemesia
Nerina
Serruria
Sonop 
Dagbreek
Eendrag
Helderberg
Helshoogte
Huis Marais
Huis Visser
Majuba
Simonsberg
Wilgenhof
Goldfields
Metanoia
Huis Neethling (Maties Sport)
SENIOR KOSHUISE
(STELLENBOSCH KAMPUS)
PRIVAAT GEAFFILIEERDE KOSHUISE ​​
(STELLENBOSCH KAMPUS)
TYGERBERG KAMPUS
Lobelia
Concordia
Huis MacDonald
Huis de Villiers
Russel Botman House
The Village
Academia
Nooitgedacht
Huis Francie van Zijl
Hippokrates
Meerhoff
eNkanyini
Huis Nkosi Johnson House
Huis ​Ubuntu House