​​​​

Adviesdienste​

Hoe weet jy vir seker dat Maties die regte plek vir jou studies is? Kom beleef dit!

Kom kuier op die kampus. Voel die gees. Maak kennis met die mense. Ontdek die aantreklikhede, die tradisies en die Maties manier van doen. Kom vind uit hoe om aansoek te doen, wat die vereistes is, waar jy om finansiële hulp kan aanklop en ʼn hele breinvol ander bruikbare inligting.

Indien jy dit oorweeg om vir voorgraadse toelating tot die Universiteit Stellenbosch aansoek te doen sal dit vir ons ʼn plesier wees om jou (en jou gesin) op kampus te hê.

Ons is die Sentrum vir Studentewerwing (SSW) en ons is hier om jou tuis te laat voel!

Kies een van die volgende opsies:

Op kampus adviseursessie

ʼn SSW-adviseur sal die Inligtingsessie lei. Die sessie word gestruktureer om jou ʼn oorsig te gee van die Universiteit Stellenbosch se aansoekproses, toelatingsvereistes, finansiële hulp en studentelewe. Ouers en voornemende studente woon die sessie saam by en word aangemoedig om vrae te vra.

'n Opsionele self begeleide kampustoer is beskikbaar waar u 'n kampuskaart ontvang om ons pragtige kampus te verken.

Besprekings: csr@sun.ac.za / 021 808 4709

Self-guided tours

Selfbegeleide toer feiteblad​
Kampuskaart
Kampuskaart indeks​
Interaktiewe kampuskaart

Aanlyn adviseursessies

Moenie bekommerd wees as jy nie kampus toe kan kom nie, ons het daaraan ook gedink! ʼn SSW-adviseur sal die sessie lei en dit word gestruktureer om leerders ʼn oorsig te gee van Universiteit Stellenbosch se aansoekproses, toelatingsvereistes, finansiële stelsel en studentelewe.

Platforms wat vir hierdie sessies gebruik word, sluit in: Facebook Messenger, WhatsApp Video Call en Skype of selfs 'n gewone telefoon oproep.

​Besprekings​: csr@sun.ac.za / 021 808 4709​