Bedrag betaalbaar teen 28 Februarie

Die gelde betaalbaar teen die einde van Februarie is soos per die tabel onder en, indien van toepassing, die eerste paaiement van Inwoningsgeld (etes uitgesluit).

Let asseblief daarop dat die eerste verpligte betaling van gelde met die volgende vervang is: 

Voorgraads Nagraads Diploma
Eerste paaiement van Studiegeld20 % van Totale studiegelde20 % van Totale studiegelde 20 % van Totale studiegelde
Plus: (Indien van toepassing)
Eerste paaiement van InwoningsgeldR16 400R16 400R16 400

 
Die gelde betaalbaar ten opsigte van 2023 moet as volg gemaak word :

DATUM % VAN TOTALE GELDE BETAALBAAR % BETAALBAAR VIR DEBIETORDER
28 Februarie2010
31 Maart2010
30 April2010
31 Mei2010
30 Junie510
31 Julie510
31 Augustus510
30 September510
31 October-10
30 November-10


Hierdie bedrae is nie van toepassing op internasionale studente nie, uitgesonderd internasionale studente met geldige permanente verblyfreg in Suid-Afrika en internasionale studente met vlugtelingstatus - klik hier om na Stellenbosch Universiteit Internasionaal se webtuiste geneem te word. 

Alle Internasionale studente, insluitend Namibiërs, moet hul volle studiegelde teen die datum van registrasie vereffen. Internasionale studente, wat van Universiteitskoshuise gebruik maak moet ten minste R25 000 van die koshuisgelde en ten minste R15 000 vandie toelaatbare etekwota vir die jaar vir plasing op die rekening met registrasie betaal (indien in 'n SU-koshuis geplaas wat etes verskaf).

Alle agterstallige bedrae van 'n vorige jaar moet vereffen wees voordat 'n student vir 'n volgende jaar mag registreer.

Klik hier  vir verdere inligting oor 2024-gelde.