AKADEMIESE DOKUMENTE WAT ONS BENODIG Tans in finale skooljaar: Suid-Afrikaanse skoolstelsel: Finale graad 11-uitslae volgend die riglyne neergelê deur die Departement van Basiese Onderwys.
Internasionale skoolstelsel: Graad 11-uitslae, sowel as ʼn lys van finalejaar-skoolvakke met vlakke. Let ook op die volgende: - Indien jy in ʼn buitelandse (internasionale) skoolstelsel ingeskryf is, byvoorbeeld International Baccalaureate (IB) of ʼn VSA-hoërskooldiploma, moet jy aansoek doen aan die hand van die graad 11-uitslae (voorfinale jaar). - Jy moet ook ʼn lys vakke verskaf wat in die finale skooljaar (graad 12/13) geneem word met vlakke vir die vakke en verwagte resultate per vak (bevestig deur die skool). - Indien jy egter die Cambridge-stelsel volg hoef jy nie die verwagte resultate vir jou finaleskooljaarvakke te verskaf nie. Jy moet steeds ʼn lys vakke verskaf en aandui op watter vlak jy dit neem in jou finale jaar vir vrystelling doeleindes. - Om seker te maak jy voldoen aan die vereistes vir matriekvrystelling, besoek gerus Universities South Africa (USAf) se webblad http://mb.usaf.ac.za/ vir meer inligting oor matriekvrystelling. As jou graad 11-eksamen benadeel was weens die impak van COVID-19, het jy die opsie om jou graad 12-middeljaar-assesseringsuitslae in te dien. Bevestiging dat leer en onderrig nie kon plaasvind nie en dat 'n graad 11-assessering nie uitgevoer is nie, word van jou skool vereis.
Voltooide finale skooljaar: Suid-Afrikaanse skoolstelsel: Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of IEB / Uitslagadvies
Internasionale skoolstelsel: Finale skooluitslae van International Curriculum (Cambridge International, International Baccalaureate, ens.), insluitende School of Tomorrow. Aansoekers wat die internasionale skoolstelsel volg, moet ook op die volgende let: - Cambridge aansoekers moet ook hulle IGCSE of O vlak of GCSE sertifikaat insluit. - Indien jy jou skoolloopbaan in 'n internasionale skoolstelsel afhandel, moet jy aan die vereistes van die Universiteite Suid-Afrika (USAf) vir Matrikulasievrystelling voldoen vir daardie stelsel teen die tyd wat jy kom om te registreer. - Om te bepaal of jy aan die vereistes voldoen/sal voldoen, sien asseblief: http://mb.usaf.ac.za/ en kies die relevante land se inligting. - Aansoekers wat die Amerikaanse stelsel volg, moet die nodige vrystellingsdokumente toon, volgens die USAf-webtuiste by https://mb.usaf.ac.za/united-states-of-america/ . Dit is normaalweg slegs moontlik om vir 'n formele sertifikaat van Matrikulasievrystelling aansoek te doen gedurende jou eerste jaar van registrasie, so dit is moontlik dat jy nie die sertifikaat beskikbaar sal hê wanneer jy hierna toe kom om vir die eerste keer te registreer nie. Jy sal wel solank kan registreer – mits jy voldoen aan die vereistes vir Matrikulasievrystelling. Addisionele vakke of vakke wat herskryf is (alle skoolstelsesls): Indien jy addisionele vakke voltooi het of vakke herskryf het (of jy is besig om vakke vanjaar te herskryf), sluit asseblief die vakke en punte in. Tans ingeskryf by 'n tersiêre instansie (uitsluitend Universiteit Stellenbosch-kwalifikasies): - Finale skooleindeksamenuitslae (Sien “Voltooide finale skooljaar")
- Bewys van registrasie vir huidige akademiese jaar en 'n lys van jou vakke
- Volledige akademiese rekord / transkrip vir elke akademiese jaar wat voltooi is, insluitende punte
Let daarop dat ons nie aanlyn uitslae van 'selfhelp portale' kan aanvaar nie. Tersiêre kwalifikasies verwerf (uitsluitend Universiteit Stellenbosch-kwalifikasies): Met finale skooleindeksamenuitslae ingesluit waar toepaslik - Relevante sertifikate PLUS volledige akademiese rekord vir elke jaar, met punte ingesluit
- Diploma(s) PLUS volledige akademiese rekord vir elke jaar, met punte ingesluit
- B-graad-sertifikaat/-sertifikate PLUS volledige akademiese rekord vir elke jaar, punte ingesluit
- Honneursgraadsertifikaat/-sertifikate PLUS volledige akademiese rekord vir elke jaar, punte ingesluit
- Magistergraadsertifikaat/-sertifikate PLUS volledige akademiese rekord vir elke jaar, punte ingesluit (waar van toepassing)
- Doktoralegraadsertifikaat/-sertifikate PLUS volledige akademiese rekord vir elke jaar, punte ingesluit (waar van toepassing)
Let op die volgende riglyne vir jou gesertifiseerde
dokumente:
Gewaarmerkte afskrifte van die oorspronklike
kwalifikasiedokumente, soos in die tabel hierbo uiteengesit, moet voorsien
word. Neem kennis van die volgende met betrekking tot die sertifisering van u
dokumente: Afskrifte van jou oorspronklike akademiese dokumente moet
gestempel en onderteken word deur die toekenningskool, instelling, notaris of
'n kommissaris van ede (bv. prokureur of diplomatieke amptenaar). As jy van die
Pos- of Polisiedienste gebruik maak, moet jy seker maak dat die stempel die
datum, naam, handtekening en rang van die beampte bevat. Geen aanlyn-resultate verkry vanaf selfhelp portale of
dokumente wat met 'n wagwoord beskerm word aanvaar nie.
As jy 'n kwalifikasie buite die Suid-Afrikaanse Hoër
Onderwysstelsel verwerf het en jou finale sertifikaat nie beskikbaar is wanneer
jy aansoek doen nie, moet jy jou amptelik bewys lewer dat die kwalifikasie
voltooi was. Indien jy 'n kwalifikasie buite die Suid-Afrikaanse Hoër Onderwysstelsel behaal het kan die bewys van voltooiing nie ouer as vyf jaar wees, vanaf die datum waarop die graad toegeken was nie. Die bewys van voltooiing van kwalifikasie wat aan die Suid-Afrikaanse Hoër Onderwysstelsel behaal is, mag nie ouer as 'n jaar wees nie.
|