​​​​

Loopbaanadvies

Voornemende studente word gekonfronteer met 'n wye verskeidenheid program- en loopbaanopsies. Dit is beslis 'n voorreg, maar ook soms 'n uitdaging wat tot heelwat kopkrap kan lei. Die Universiteit van Stellenbosch bied daarom ʼn professionele loopbaanadviesdiens aan, sodat ons voornemende studente sover as moontlik kan ondersteun om realistiese program- en loopbaankeuses te maak.

Wie kan van hierdie diens gebruik maak?

Hierdie diens word aangebied vir graad 11 en 12 leerders.

Graad 10 leerders, sal in soverre moontlik, net geassesseer word indien hul veranderinge wil maak aan hul vakkeuses (daardie spesifieke toetsbattery sal dan gebruik word.) Terwyl leerders gewoond raak aan 'n spesifiek stel vakke, sal loopbaanadvies net verminder / beperk word tot breë loopbaan velde aangesien baie faktore nog hul loopbaanpad kan beïnvloed.

Wat behels die diens?

Assesserings word by ons kantore in Stellenbosch, sowel as aanlyn aangebied. 

Assesserings by die kantoor sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Laasgenoemde sal binne twee weke na die assessering per epos na jou gestuur word. 

Die assesseringsproses begin 8:30 tot 12:30 en 'n terugvoersessie in dieselfde middag volg

Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. 

Die psigometriese assesserings word as aanlyn sowel as f2f-kontaksessies aangebied. Tydens die aanlyn assessering, word daar ondersteuning en toesig aangebied deur 'n geregistreerde sielkundige met die hulp van die skermdeelfunksie in Microsoft Teams.

Koste van die diens: 

Die koste beloop R 2850 per kliënt (Maandag - Vrydag) / R 3350 per kliënt (Saterdag) . Die fooi is van toepassing op beide kantoor- en aanlynassesserings.

Vir besprekings, kontak asseblief: csr@sun.ac.za of 021 808 4709

Self-guided tours

Selfbegeleide toer feiteblad​
Kampuskaart
Kampuskaart indeks​
Interaktiewe kampuskaart

Belangrike inligting:

- Ons is oop tydens skoolvakansies
- Assesserings word slegs per bespreking gedoen
- Ander dienste (bv. loopbaanvoorligting in skole, spesiale projekte en/of werkswinkels) word ook gelewer. Die koste word bepaal deur die aard van die projek.
- Ons assesseer slegs 15-21 jariges​