​​​

Studente met gestremdhede

Die Universiteit Stellenbosch is verbind daartoe om studente met gestremdhede wat aan die nodige akademiese vereistes voldoen, as volwaardige geïntegreerde lede van die studentegemeenskap op te neem. Ten einde studente op die regte wyse te ondersteun, onthou asseblief om die Studentesteunvorm met meer inligting oor jou spesifieke behoeftes saam met jou aansoek vir toelating tot die Universiteit in te dien.

Waar haalbaar en finansieel moontlik word voorsien in die behoeftes van studente met spesiale leerbehoeftes (gestremdhede) ten einde die kampus toeganklik en student-vriendelik te maak. Die belange van studente met gestremdhede word deur die Eenheid vir Gestremdhede gekoördineer. Vir volledige besonderhede aangaande die Universiteit se beleid ten opsigte van studente met gestremdhede, en algemene inligting oor akkommodasie, fisiese fasiliteite, en ondersteuningsdiente vir studente met gestremhede, kontak gerus die Kantoor:

Kontakpersoon: Dr. Marcia Lyner-Cleophas, Eenheid vir Gestremdhede, Sentrum vir Studentevoorlegting en -Ontwikkeling, Studentesake 
Epos: cleophas@sun.ac.za | Tel: 021 808 4707​