​​​​​​​​​​​​​​​

Privaat verblyf

Geakkrediteerde verblyf

Akkreditasie word toegestaan op grond van die inligting wat in die aansoekvorm voorsien word. ‘n Besoek sal in die jaar aan die perseel sal gereël word. Daar is drie akkreditasiekategorieë: 
 
​​Die kriteria​ vir akkreditasie word gepubliseer in die Riglyne van die Universiteit Stellenbosch vir akkreditasie van privaat studentebehuising buite kampus.

Neem asseblief kennis van die volgende:
- Dit bly die verantwoordelikheid van die verhuurder om te verseker dat die verblyf van die vereiste gehalte is en deur die jaar aan die riglyne voldoen.
- Dit bly die verantwoordelikheid van die student om te verseker dat hy of sy die inhoud van die huurooreenkoms, die koste van verblyf en sy of haar verpligtinge as huurder ten opsigte van die huurooreenkoms verstaan. Die huurooreenkoms is tussen die student en die verhuurder. Die US is nie 'n party tot die ooreenkoms nie.
- Laastens, dit bly die student se prerogatief om geskikte privaat behuising buite die kampus te kies.

Rig asseblief enige navrae aan privateaccomm@sun.ac.za.


Vrywaring: Die inhoud in hierdie bemarkingsmateriaal word slegs vir algemene inligtingsdoeleindes voorsien.  US aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige foute, weglatings of onakkuraatheid van die inligting nie. US is nie 'n party tot die huurooreenkoms wat gesluit word tussen die student(e) en verhuurder(s) nie en sal gevolglik nie betrokke raak of aanspreeklikheid aanvaar vir enige kwessies of geskille wat voortspruit uit die werking van die huuroorenkoms, betaling van huur en/of dienslewering nie. ​