​​​​​

Vakkeusevoorligting

Die eerste stap in die beroepsvoorligtingproses is die vakkeuse aan die einde van Graad 9. Leerders besef nie altyd op hierdie vroeë ouderdom dat vakkeuse 'n groot implikasie kan hê in terme van hulle toekomstige loopbaankeuse nie. Die Universiteit van Stellenbosch bied daarom ʼn professionele vakkeuse-assesseringsdiens aan, sodat ons leerders sover as moontlik kan ondersteun om ʼn ingeligte besluit rakende hulle vakke en toekomstige loopbaan te kan maak.

Wat behels die diens?

Assesserings word by ons kantore in Stellenbosch, sowel as aanlyn aangebied. 

Assesserings by die kantoor sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Laasgenoemde sal binne twee weke na die assessering per epos na jou gestuur word. 

Die assesseringsproses begin 8:30 tot 12:30 en ʼn terugvoersessie in dieselfde middag volg. 

Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. 

Ons aanlynproses is presies dieselfde, behalwe dat ons platform Microsoft Teams is en aanlynweergawes van die psigometriese instrumente gebruik word.

Koste van die diens: 

Die koste beloop R 2850 per kliënt (Maandag - Vrydag) / R 3350 per kliënt (Saterdag) . Die fooi is van toepassing op beide kantoor- en aanlynassesserings.

Vir besprekings, kontak asseblief: csr@sun.ac.za of 0218084709

Self-guided tours

Selfbegeleide toer feiteblad​
Kampuskaart
Kampuskaart indeks​
Interaktiewe kampuskaart

Belangrike inligting:
- Ons is oop tydens skoolvakansies
- Assesserings word slegs met bespreking gedoen
- Ander dienste (bv. loopbaanvoorligting in skole, spesiale projekte en/of werkswinkels) word ook gelewer. Die koste word bepaal deur die aard van die projek.
- Ons assesseer slegs 15-21 jariges

STEEDS ONSEKER?  Kom ons help jou met ons Loopbaanvoorligtingsprogram - klik hier