Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Uitnodiging: Inligtingsessie vir leerders in graad 9


Beste skoolhoof en Lewensoriëntering-onderwyser
 
Soos julle weet, staan die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Studentewerwing deur sy Careers@Maties-projek uitgesoekte akademies verdienstelike graad 11-leerders by met ’n kans op ’n suksesvolle toekoms. Hambly Matthews, ’n geregistreerde voorligtingsielkundige, bied die leerders ’n psigometriese loopbaanvoorligtingsassessering om hulle die loopbaan te help kies wat die beste by hulle sal pas.   

Nogtans begin loopbaanbeplanning veel vroeër as graad 11. Terwyl graad 9’s hulle toekomstige loopbane en hulle vakkeuses vir graad 10 tot 12 oorweeg, is dit dus noodsaaklik om hulle die nodige inligting te bied om verstandige besluite te neem. Vir dié doel bied ons ’n inligtingsessie vir julle skool se toptienleerders in graad 9 aan as ’n uitgebreide Careers@Maties-aanbod.
 
Besonderhede van geleentheid
Datum: Vrydag 30 Augustus 2024
Tyd: 13:00–16:00 (middagete sal voorsien word)
Lokaal: Ons ontmoet by die US Konservatorium (op die hoek van Victoria- en Neethlingstraat).
Parkering: Leerders word afgelaai by die lokaal, en busse/voertuie kan daarna by die Coetzenburgsentrum parkeer. Let wel: Dit is die skool se verantwoordelikheid om vervoer vir julle deelnemende leerders te reël.
RSVP: RSVP via https://forms.office.com/r/YUN4eehNW2 voor of op 26 Augustus 2024
 
Program
13:00 Middagete
13:45 Verwelkoming
13:50 Vakkeusevoorligting
14:20 Universiteit Stellenbosch: Watter deur sal jy kies?
15:00 Slotopmerkings en vraag-en-antwoord-sessie
15:00 Kampustoer
16:00 Verlaat kampus
 
Ons glo die sessie sal die leerders in hierdie deurslaggewende fase van hulle akademiese reis baat deur hulle waardevolle inligting te gee oor:

  • vakkeuses vir graad 10;
  • die Universiteit Stellenbosch se toelatingsvereistes; en
  • ons kampusfasiliteite.

 
Vir enige navrae, kontak Olivia Adams gerus by adamso@sun.ac.za. Ons sien daarna uit om julle en julle leerders op ons kampus te verwelkom.
 
Vriendelike groete
 
Afdeling Studentewerwing
Universiteit Stellenbosch