Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​​​​​​FVZS Midday Knowledge Series.png

’n Uitnodiging om te gesels!

Die SSLEOB se Middaguurkennis-reeks vorm deel van die FVZS Instituut se portefeulje vir kritiese omgang. Die platform is geskep sodat beide studente en personeel in die Afdeling Studentesake (ASS) met mekaar kan omgaan oor temas van aktuele belang wat met werk in die breër hoëronderwyssfeer verband hou en tersaaklik daarvoor is. Hierdie webinaarreeks is in 2019 ingestel om die voormalige FVZS Instituut Maandelikse Boekklub-besprekings te vervang. Die FVZS Instituut-span nader vir hierdie sessies professionele persone vanuit verskillende velde wat die ASS se werk inspireer.

Ons tema vir 2022 is Inspirasionele Leierskap. Die sessies wat ons in 2022 aangebied het, word hier onder opgesom. Hierdie sessies sowel as dié van 2021 is op ons podsendingkanaal beskikbaar; klik asseblief hier om toegang te kry.

  1. Februarie – Inspirasionele Leierskap: Hoe om diegene wat jy lei se potensiaal te bevorder op ’n manier wat vir hulle werk. Shibu Mamobolo, Hoof: Werknemerwelwees, het ’n aanbieding vir ons personeel gedoen oor hoe om in onseker tye na jou self om te sien deur jou lewe en jou werk in ewewig te hou. Sy het ook vertel watter hulpbronne beskikbaar is om Universiteitspersoneel te help.​

  2. Maart – Menseregtemaand: Inspirasionele leierskap deur die lens van sosiale geregtigheid

Siseko Kumalo, een van die Mail & Guardian se Top 200 Jong Suid-Afrikaners, het ’n aanbieding oor die tema ‘Regverdige Studentesteunraamwerke binne die Suid-Afrikaanse Universiteit’ gedoen. Dit het gehandel oor die ondersteuning wat personeel aan studente in ’n ongelyke samelewing kan bied sodat hulle holisties kan groei tot volwassenheid.​